Deur SUSAN BOTES
16 Oktober 2012

508 keer gelees | 1 kommentaar

Wêreldvoedseldag word vandag, 16 Oktober, gevier terwyl bykans 870 miljoen mense tussen 2010 en 2012 honger gely het.


Wêreldvoedseldag word vandag, 16 Oktober 2012, wêreldwyd gevier.

Dít terwyl bykans 870 miljoen mense ter wêreld tussen 2010 en 2012 honger was volgens ’n verslag van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) wat pas die lig gesien het. Dit beteken dat een uit elke agt mense op aarde vandag honger sal ly.

Dr. John Purchase, uitvoerende direkteur van Agbiz, sê in ’n wêreld waar wanvoeding aan die orde van die dag is, is die Suid-Afrikaanse landbouverwerkingsektor ’n baken van hoop. “Dit is veral waar in Suid-Afrika en Suider-Afrika waar dié sektor ’n groot bydrae lewer om voedselsekerheid te verseker.”

Purchase sê dit is kritiek belangrik dat Suid-Afrika se landbousektor met die res van die wêreld moet kan meeding. “Die sleutel tot die vestiging van ’n mededingende landbousektor is die daarstel van ’n wêreldklas-landboubesigheidsektor wat dienste aan boere lewer, marktoegang verbeter en die geleentheid aan boere bied om waarde tot produkte toe te voeg.”

Kommersiële landbou die sleutel
Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA, sê die belange van die kommersiële landbou moet die spilpunt van alle beleidsbesluite wees. “Die kommersiële boer wat volgens die markbeginsel aan die mark produseer, is steeds die sleutel tot voedselsekerheid. Ons moet alles in ons vermoë doen om te verseker dat kommersiële boere steeds sal aanhou boer sodat daar kos op ons rakke kan wees."

Van Zyl sê dit gaan nie oor ’n spesifieke tipe kommersiële boer nie. “Die ekonomie is van só ’n aard dat ’n boer wat droogmaak, uitgegooi sal word."

Mnr. Hans van der Merwe, uitvoerende direkteur van Agri SA, sê terwyl die FAO voedselproduksie teen 2030 wil verdubbel, is daar druk om die landbou se invloed op die omgewing te verminder. “Om dinge verder te bemoeilik, is daar baie arm mense in Suid-Afrika vir wie voedsel ’n groot kwessie is.”

Die FAO sê in ’n persverklaring dat die uitbreiding van die landbou nie net van kritieke belang is vir verhoogde voedselvoorsiening nie, maar ook vir welvaartskepping. Verhoogde landbouproduksie mag egter nie net oor armoedeverligting gaan nie. Voedingskwessies moet ook aandag geniet.



Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/10/16 03:55:35 PM

Laat die FAO maar hierdie boodskap aan die regring van die dag probeer oordra, Mkandla etc. is baie belangriker as iemand met 'n honger maag in ons landjie - maar die tekens dat die honger mense se honger groter raak ,wys elke dag duideliker.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights