Deur ALANI JANEKE
5 Oktober 2012

1337 keer gelees | 1 kommentaar

’n Memorandum oor plaasmoorde in Suid-Afrika is aan 110 ambassades en organisasies oorhandig, sê AfriForum.


’n Memorandum is aan 110 organisasies en ambassades oorhandig wat hulle versoek om diplomatieke druk op die Suid-Afrikaanse regering toe te pas oor plaasmoorde en –aanvalle. Dié stap vorm deel van AfriForum se Stop die Moorde-veldtog wat in Augustus bekend gestel is.

Luidens ’n verklaring is kopieë van die boek Land of Sorrow (die Engelse weergawe van Treurgrond) en die dokumentêre film War of the Flea, by die memorandums ingesluit.

“Ons uiteindelike doel is om die Regering te oortuig om plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar en om spesialiseenhede vir landelike veiligheid daar te stel. Met hierdie aksie wil ons die internasionale gemeenskap in kennis stel van ʼn katastrofe wat deur ons eie regering uit die gesig uit geboender word,” aldus mnr. Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof.

Die president kry ook kopie
’n Kopie van die memorandum, die boek, die film, en ’n brief is ook Donderdag, 4 Oktober 2012, aan ’n verteenwoordiger van pres. Jacob Zuma oorhandig.

Volgens Roets het die organisasie spesifiek gefokus op lande en instellings wat nog nie van die probleem bewus is nie, én wat moontlik diplomatieke druk kan uitoefen. ’n Aantal mediamaatskappye is ook geïdentifiseer. AfriForum sal met die 110 instansies opvolg of hulle wel die memorandum ontvang het.

Druk op die Regering
“Ons beplan ook om meer aktief betrokke te raak by netwerke vir gemeenskapsveiligheid en om op plaaslike vlak selfs groter druk op die Regering te plaas,” verduidelik Roets. Hy sê aan die einde van dié maand sal ʼn omvattende navorsingsverslag oor plaasaanvalle, wat vir AfriForum saamgestel is, bekend gestel word.

Intussen vind ’n protesoptog Vrydag, 5 Oktober 2012, voor die Suid-Afrikaanse ambassade in Warskou, Pole, plaas teen plaasmoorde en –aanvalle. Luidens ’n verklaring word dié optog deur Duma i Nowoczesnosc Society, ’n organisasie wat staan vir trots en moderniteit, gereël.

 

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/10/05 11:43:00 AM

Dis reg Mnr Roets - dis wat ons soek ! Turn on the heat !! - êrens gáán iemand se gat brand - of dalk sy nek - êrens in die toekoms - ons weet net nie wanneer nie - maar ASB - keep turning on the heat !- Sadam en Ghadaffi het beide op 'n stadium rustig geslaap. Laat ons net nie ophou om die regte ding te doen nie en dis om dit te neem tot die binnekamers van waar ook al. Dankie vir julle stryd wat julle namens almal voer.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights