Deur ANDRIES GROENEWALD
31 Julie 2012

2078 keer gelees | 12 kommentaar

Voorgestelde veranderings aan die Padverkeerswet kan beteken dat boere duisende rande moet betaal aan lisensiegelde vir stropers en trekkers.


’n Jaarlikse lisensietarief van R12 000 tot R17 000 vir ’n selfaangedrewe spuit of stroper en tot R80 000 vir ’n geartikuleerde trekker is nie onmoontlik as die jongste voorgestelde wysigings aan die Padverkeerswet aanvaar word nie.

Dié voorgestelde wysigings hou verreikende gevolge in vir alle bedryfsektore wat groot voer- en werktuie gebruik om ’n winsgewende bestaan te maak. Volgens die voorgestelde wysigings sal voertuigeienaars onder meer in die toekoms jaarlikse lisensietariewe moet betaal wat gegrond is op die tarra-gewig van die geregistreerde voertuig.

Indien die huidige skedule in die voorgestelde wetswysigings gebruik gaan word, sal die koop van lisensies ’n reuse jaarlikse uitgawe word.

Voedselsekerheid beïnvloed
Mnr. Ockert Scheepers, produkbestuurder van New Holland SA, sê indien voedselsekerheid ’n voorrangsaak vir die Regering is, moet dié voorstelle dringend hersien word omdat geen boer toerusting vir grootskaalse voedselproduksie sal kan bekostig weens die duur lisensie nie.

Die sperdatum vir die indiening van kommentaar op die voorgestelde wysigings was vroeg in Julie, maar die SA Landboumasjinerie-assosiasie (Salma) het om uitstel gevra tot 15 Augustus. Dr. Jim Rankin, sekretaris van Salma, sê hul voorlegging sal voor 15 Augustus ingedien word.

Die mense wat regstreeks deur dié voorgestelde wysigings geraak sal word, is die eindgebruikers van die voer- en werktuie. Volgens Scheepers is dit nie net die landboubedryf wat daardeur geraak sal word nie, maar alle bedrywe wat abnormale voertuie, soos selfs mobiele hyskrane, gebruik.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


A Rossouw

2012/07/31 09:47:24 AM

Is die geld nou op gesteel en word daar ander maniere gesoek om die land lam te le ek dink ons regering is kortsigtug


Lena

2012/07/31 10:02:34 AM

Sjoe maar die regering isd desperaat!


Carl

2012/07/31 10:57:12 AM

Pateties hoe hul almal op hul kniee dwing. Kan hul nie dink dat daai trekker en stroper vir hul kos sorg nie


Abrie

2012/07/31 11:13:34 AM

Die staat moet eers die grondpad kom skraap waarvoor ek duisende rande aan stukkende buitebande moet opdok...


Sakkie

2012/07/31 12:52:07 PM

Die staatskas is al leeg gemelk,nou soek hulle nog 'n melkkoei!Een van die dae gaan ons belas word omdat ons asem haal!


PG

2012/07/31 03:35:39 PM

Paar Speedcops gaan breed smile paar ekstra R200 einde vani maand


W vd Merwe

2012/07/31 04:49:05 PM

As daar nog iemand is wat dink dat die ANC regering bekommerd is oor voedselsekerheid, moet hy/sy weer dink. Hulle is slegs besig met stroping en herverdeling van alles wat te aas is.


Wynand Kruger

2012/07/31 05:24:06 PM

How low can you go!! Ander lande vertroetel hul boere. hier word wette gemaak en lietjies gesing om boere te vermoor . besteel en te verarm


theo

2012/07/31 05:55:32 PM

hulle wil seker die gauteng tonpad se geld by die boere kry


WILLIE

2012/08/01 12:59:39 AM

Ons land is nou al in so n finansiele verknorsing,dat die Zuma-brigade nog geld soek om slegter en dikker te word.Hulle ken nie die woord,skaam nie.As hul nie kan "kry" nie,dan steel of moor of plunder of "demand" of "toi-toi" die spul sleg goed.


Louis van Staden

2012/08/01 01:31:50 PM

Nog 'n nuwe manier om geld vir korrupsie te bekonm


D.B.Ackerman

2012/08/06 02:20:21 PM

Elke dag is daar n nuwe idee om mense verder te belas. Duidelik waarmee hulle hulself besig hou. Indien daar gewerk sou word sal die land nie in so haglike posisie gewees het nie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights