Deur ALANI JANEKE
25 November 2010

1320 keer gelees | 0 kommentaar

Die WHO is bekommerd oor subsidies en die tydelike staking van uitvoere deur verskeie lande.


Die Wêreld Handelsorganisasie (WHO) is bekommerd oor regeringshulp aan boere wat in verskeie lande die voorskrifte oorskry, terwyl ander se grense weens droogtes vir uitvoer gesluit is.

Die WHO se landboukomitee sê dié aspekte kan ‘n invloed op internasionale voedselsekerheid hê.

Luidens ‘n berig op die WHO se webtuiste het twee landbougroepe, die Cairns-groep en die G-20, tydens ‘n gereelde vergadering van die WHO se landbou-komitee gesê hulle meen die situasie kan die kredietwaardigheid van die multi-laterale handelsisteem skend en ander lande “seer maak”.

Die WHO sê hoewel die situasie nie gewens is nie, is hulle bly dat die lande wat hulp aan boere oorskry, dit in hulle jaarlikse verslae aan die komitee duidelik aangedui het en hulle onderneem het om voortaan aan die voorskrifte te voldoen.

Vier lande
Die komitee is tans bewus van vier lande wat die voorskrifte vir hulp aan boere oorskry. Tydens die gereelde vergadering in September het Costa Rica bekend gemaak dat hy in die afgelope jaar voorskrifte vir hulp aan spesifiek rysboere oorskry het. Planne is egter reeds in plek om dit in 2011 reg te stel.

Tydens dieselfde vergadering het Pole erken dat sy subsidies in 2002 te hoog was, maar hulle het intussen deel geword van die Europese Unie en moet nou aan hulle voorskrifte voldoen.

Intussen het Israel erken dat sy subsidies vir 2008 te hoog was. Dit is veroorsaak deur uitvoerbeperkings en die wisselvalligheid van wisselkoerse. Noorweë se oortreding in 2008 is toegeskryf aan ‘n verandering in die land se handelsbeleid in 2008, wat wel nie ‘n invloed op ander jare het nie.

Intussen het die EU, Israel, Japan, Amerika en Switserland verskeie vrae aan die Oekraiene gevra nadat dié land sy grense vir uitvoer in 2004 tydelik gesluit het. Volgens die land is die beperking ingestel weens droogtes wat tot laer produksie en plaaslike voorrade gelei het.

Bron: WTO

25 November 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights