12 Julie 2012

558 keer gelees | 0 kommentaar

Bouwerk aan een van Suid-Afrika se eerste windplaasprojekte sal binnekort begin ná finale goedkeuring aan MetroWind toegestaan is.


’n Windplaas van sowat 27 Megawatt kan binne 13 maande krag aan die munisipaliteit Nelson Mandelabaai begin verskaf. Dít volg nadat die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) sy finale goedkeuring vir Metrowind se Van Stadens-windplaas verleen het.

Mnr. Ian Curry, direkteur, sê bouwerk aan die projek sal binne die volgende drie maande begin. Die projek van R550 miljoen sal oor ’n tydperk van 20 jaar sowat 80 miljoen kilowatt-uur krag per jaar aan Eskom verskaf.   

Die windplaas is wes van Suid-Afrika se ‘‘windstad’’, Port Elizabeth, geleë. Nersa het die projek goedgekeur want “dit sal voordelig vir Suid-Afrika wees omdat dit tot werkskepping sal bydra, die lokalisering van hernubare energiebronne sal verseker, ekonomiese ontwikkeling sal ondersteun, die vrylating van kweekhuisgasse sal beperk en nuwe diverse energiebronne beskikbaar sal stel.”

Doelwitte
Die maatskappy sien ’n spesiale goedkeuringdokument, wat deur mnr. Zanoxolo Wayile, burgemeester van die munisipaliteit, onderteken is, as ’n groen lig vir die projek.

Mnr. Donal McGillivray, nog ’n direkteur van MetroWind, sê hulle glo die kwessies wat vroeër ten opsigte van die impak van die projek op die omgewing uitgewys is, is opgelos. “Die projek is ’n voorbeeld van doelwitte waaruit ’n wye spektrum belanghebbendes en die omgewing voordeel trek.”

Die projek is een van die eerste 28 tenders wat voorkeur geniet het ná die staat, volgens sy geïntegreerde hulpbronneplan, in Augustus verlede jaar voorleggings vir hernubare energieprojekte gevra het. Dié windplaas is een van vier wat in die Oos-Kaap geïdentifiseer is.

Die projek behoort 100% aan Suid-Afrikaners, met belange in swart bemagtiging wat 35% daarvan uitmaak. ’n Deel van die projek behoort aan die Metrowind-gemeenskapstrust.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights