Deur ONA VILJOEN
30 Augustus 2012

267 keer gelees | 0 kommentaar

Die wolmark het sy kop opgetel ná die teleurstellende eerste veiling van die nuwe seisoen en pryse het ietwat verbeter.


’n Beter vraag en ’n swakker rand het daartoe bygedra dat pryse op die tweede veiling van die seisoen ietwat verbeter het en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 1,2% tot R88,41/kg (skoon) gestyg.         

Lang vagwol van gehalte was goed in aanvraag, maar fynwol sukkel steeds om op dreef te kom en pryse vir dié tipes was laer, vergeleke met die vorige veiling.        

Die rand het 2,7% van sy waarde teenoor die Amerikaanse dollar verloor vergeleke met die gemiddelde koers op die vorige veiling, terwyl dit ook 4,7% swakker teenoor die euro was.            

Altesame 7 694 bale is aangebied, waarvan 98% verkoop is. Dit was heelwat hoër as die verkooppersentasie van 88% wat op die vorige veiling behaal is. 

Die gemiddelde skoonwolpryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte was soos volg: 18 mikron daal met 0,6% tot R99,36/kg, 19 mikron verswak met 0,9% tot R94,28/kg, 20 mikron was 0,6% duurder op R92,75/kg, 21 mikron styg met 1,1% tot R92,31/kg, maar 22 mikron verswak met ’n geringe 0,4% om op R91,81/kg te sluit.   

Sowat 8 000 bale wol kom volgende week onder die hamer.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights