Deur ONA VILJOEN
17 Oktober 2012

462 keer gelees | 0 kommentaar

Goeie nuus vir Suid-Afrikaanse wolboere is dat die wolprys weer deur die prysvlak van R100/kg gebreek het.


Wolpryse het vir ’n tweede agtereenvolgende week skerp gestyg en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 4,5% tot R101,19/kg (skoonwol) verbeter. Dit is bykans 15% hoër as die openingsveiling en verteenwoordig ’n styging van 7% vergeleke met dieselfde veiling verlede seisoen.

Die styging kan hoofsaaklik toegeskryf word aan beter vraag, ’n stewige styging in Australiese pryse en ’n effense swakker rand.          

Die aanbod van 9 272 bale was heelwat groter as wat die afgelope paar weke aangebied is, maar ’n hoë verkooppersentasie van 99% is aangeteken. 

Die pryse van alle lang vagwol het met tussen 3% en 5% gestyg. 

Die gemiddelde skoonwolpryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte was soos volg: 18 mikron was 3,4% duurder op R110,61kg, 19 mikron verbeter met 4,6% tot R106,28/kg, 20 mikron styg met 4,9% tot R101,38/kg, 21 mikron was 3,6% duurder op R99,09/kg en 22 mikron verbeter met 3,9% om op R97,25/kg te sluit.      

Sowat 7 000 bale sal volgende week aangebied.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights