Deur ONA VILJOEN
16 Augustus 2012

598 keer gelees | 0 kommentaar

Die nuwe wolseisoen het hinkepink begin: Pryse was effens laer en heelwat wol is teruggehou.


Die eerste veiling van die nuwe wolverkoopseisoen het op ’n teleurstellende noot geopen toe wolpryse teruggesak en Cape Wools se Merino-aanwyser met 7,2% vergeleke met die vorige seisoen verswak en op R87,37/kg (skoon) gesluit het.  

Dié daling, hoewel nie onverwags nie, was in navolging van die Australiese mark waar pryse ook skerp gedaal het te midde van onsekerheid, moeilike vraagtoestande weens die krisis in die euro-sone en verwagte lae groei in die wêreldekonomie.

Daarbenewens was die rand ook 2,5% sterker teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met die gemiddelde koers van die vorige veiling.              

Wol teruggehou weens laer pryse
Dit was ’n groot veiling met 12 778 bale wat aangebied is, waarvan net 88% verkoop is. ’n Redelike groot persentasie van die wol wat aangebied is, is weens die laer pryse teruggehou.           

Die gemiddelde skoonwolpryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte was soos volg: 18 mikron daal met 7,4% tot R99,91/kg, 19 mikron verswak met 10,3% tot R95,15/kg, 20 mikron was 8,2% goedkoper op R92,16/kg, 21 mikron daal met 7,9% tot R91,30/kg en 22 mikron verswak met 8,6% om op R92,17/kg te sluit.             

Geen veiling is vir volgende week geskeduleer nie. Veilings hervat weer op 29 Augustus. Dit is nog onbekend hoeveel bale aangebied sal word omdat die onlangse sneeu en reën in baie gebiede skeer vertraag het.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights