Deur LUCILLE BOTHA
22 Junie 2012

765 keer gelees | 0 kommentaar

Minstens twee of drie oornames is nog in die pyplyn voor Zeder Beleggings sy doelwit van ’n besproeiingsboerdery op 10 000 ha in Zambië bereik.


Mnr. Piet Mouton, waarnemende hoof uitvoerende beampte van Zeder Beleggings, het Vrydag (22 Junie 2012) op Zeder Beleggings se jaarvergadering op Stellenbosch gesê Chayton Africa is een van die beleggings waaroor hulle baie opgewonde is.

Hulle het reeds sowat R130 miljoen bestee om ’n beherende belegging in Chayton te verkry. Hy skat die totale belegging sal mettertyd tussen R400 miljoen en R500 miljoen beloop. Hy voorspel ’n opbrengs van 15% tot 25% (in dollars) op die belegging. 

“Hoekom Zambië?” het hy aan die vergadering gevra.

“Die grond is goedkoper as in Suid-Afrika en daar is tans nie grondeise nie. Die tsoenami van dekolonialisering het reeds in Zambië gebeur en ons kan vorentoe ’n meer stabiele prentjie verwag.

“Die grootste enkele pluspunt is die water. Die reënval is hoër en meer bestendig. Die hitte-eenhede is ook beter, so die potensiaal vir dubbele oeste is groter.

“Die ligging van die huidige plaas is baie geskik en naby die treinspoor.”

1800 hektaar

Tydens verlede jaar se winter het hulle 450 ha koring verbou. Die somergewas, soja, is op 1 250 ha geproduseer. Vanjaar is die wintergewasse opgestoot tot 1 350 ha. Die plaas se volle potensiaal beloop sowat 1 800 ha.

“Dit sal nog twee of drie oornames verg voor ons ons doelwit van 10 000 ha bereik.” 

Mouton sê dié skaal skep allerhande sakemoontlikhede, soos vertakkings in die saad- of opbergbedryf.
“Beleggings in Afrika is riskant en dit is nie so maklik nie,” het hy op ’n realistiese noot gesê. Veral wetgewing en die onsekerheid oor die waterdigtheid van kontrakte met die Regering is struikelblokke. 

Mouton het voorspel die Chayton-transaksie sal aanvanklik Zeder se hooflynverdienste strem.
“Daar is heelwat uitgawes, maar ons is besig om ’n onderneming vir die toekoms te bou.”

Zeder se hooflynverdienste het met sowat 3,1% gegroei die afgelope jaar.
“Dit is effens teleurstellend, maar word toegeskryf aan Distell en Pioneer se ‘plat’ verdienste.” 

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights