28 November 2008

1692 keer gelees | 0 kommentaar

Die SAOG se tribunaal sal vandag besluit of die Zimbabwiese regering onwettig opgetree het deur mnr. Mike Campbell se grond in dié land te onteien.


Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se tribunaal sal vandag besluit of die Zimbabwiese regering onwettig opgetree het deur mnr. Mike Campbell se grond in dié land te onteien.

Die tribunaal het in Desember verlede jaar beslis dat Campbell geregtig is op beskerming op sy plaas in Mount Carmel totdat die huidige saak afgehandel is.

Nóg 77 boere het ook in Maart vanjaar die reg tot beskerming gekry, maar die Zimbabwiese regering het dié bevel verontagsaam. Die tribunaal het in Julie bevind dat dié land se regering die hof minag en het die saak na die SAOG se staatshoofde verwys.

Die drie kernkwessies waaroor die tribunaal in Windhoek sal beslis, is:

  • Kan die Zimbabwiese regering grond onteien sonder die reg tot 'n hofverhoor?

  • Is die Zimbabwiese regering verplig om regverdige vergoeding te betaal vir grond wat hy by die wettige eienaars vat?

  • Is dit regmatig dat die Zimbabwiese regering net grond van wit boere onteien en dit aan grootliks swart, regeringsbeamptes gee?

    28 November 2008


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights