6 Junie 2011

1122 keer gelees | 1 kommentaar

‘n Hooggeregshof het bevind dat van Zimbabwe se Suid-Afrikaanse bates as vergoeding vir boere opgeveil mag word, sê AfriForum.


Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het bevind dat van Zimbabwe se Suid-Afrikaanse bates as vergoeding vir onder andere boere opgeveil mag word, sê AfriForum.

Luidens ’n verklaring is die uitspraak Maandag (6 Junie) gelewer en sal ’n veiling vir die verkoop van die bates gereël word.

Die Zimbabwiese regering het verlede jaar ’n hofaansoek gebring om die beslaglegging van sy eiendomme in Kaapstad, wat nie vir diplomatieke doeleindes gebruik is nie, ter syde te stel.

Die beslaglegging is deur AfriForum ondersteun vir drie boere wat ’n hofstryd voer na hulle hul grond in die buurstaat verloor het.

Die aansoek
Die hofstryd het gevolg ná die Tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) in November 2008 beslis het die Zimbabwiese grondhervormingsproses is rassisties en onwettig, en boere moet vir hul plase vergoed word.

Die tribunaal se protokol maak daarvoor voorsiening dat sy bevele in lidlande geregistreer en afgedwing moet word.

AfriForum het hiervolgens mnre. Louis Fick, Richard Etheredge en wyle Mike Campbell bygestaan om die bevinding van die Tribunaal in die Noord-Gautengse Hooggeregshof te laat registreer. Kort daarna het die boere op drie eiendomme van die Zimbabwiese regering beslag gelê.

Dié regering het in Julie verlede jaar met ’n reeks hofaansoeke begin om die beslaglegging van sy eiendomme en die registrasie van die SAOG-tribunaal se bevinding tersyde te laat stel.

’n Oop deur

Mnr. Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, sê met dié bevinding is die deur nou geopen vir die verkoping van Zimbabwe se eiendom in Kaapstad.

“Die uitspraak is van historiese belang omdat dit waarskynlik die eerste maal in internasionale regsgeskiedenis is dat ’n hof gelas dat die bates van ’n land wat skuldig is aan menseregte-vergrype op ’n openbare veiling verkoop moet word,” aldus Spies.

Bejaarde boer vervolg
Intussen het die organisasie verneem dat die 87-jarige mnr. Philip Hapelt, ’n Suid-Afrikaanse burger en boer van Gweru, gevonnis gaan word op aanklag dat hy nie sy plaas vrywillig verlaat het nie. Sou hy skuldig bevind word, kan hy tronkstraf van twee jaar in ’n Zimbabwese tronk opgelê word.

AfriForum sê van verskeie versoeke om hulp deur Hapelt se familie aan die Suid-Afrikaanse Regering het niks gekom nie, en die organsasie oorweeg tans regstappe teen die Regering in dié verband.

6 Junie 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2011/06/07 02:38:26 PM

Mooi so Afriforum en Solidariteit, julle maak ons baie trots!!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights