Deur JOYLENE VAN WYK
17 April 2012

614 keer gelees | 3 kommentaar

Suid-Afrikaanse sakelui word weer aangemoedig om in Zimbabwe te belê. Daar sal egter eers groot waarborge moet geld voor boere in dié land sal belê.


Suid-Afrikaanse sakelui word weer aangemoedig om in Zimbabwe te belê. Daar sal egter eers groot waarborge moet geld voor boere in dié land sal belê.

Mnr. Vusi Mavimbela, Suid- Afrika se ambassadeur in Zimbabwe, het op ’n seminaar van die Departement van Handel en Nywerheid in Bulawayo Suid- Afrikaners aangemoedig om dit ernstig te oorweeg om in Zimbabwe te belê.

Volgens hom is dié land ’n slapende reus wat besig is om wakker te skrik. “Dit is nou tyd om in Zimbabwe te belê. Die ekonomie daar groei met gemiddeld 9% – iets onbekend in groot dele van die wêreld.”

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die TLU SA, het aan Landbouweekblad gesê hy meen nie dat enigeen uit vrye keuse hom sal verbind tot die werklikhede wat pres. Robert Mugabe in Zimbabwe veroorsaak nie.

“Om enigsins in dié land se landbou te belê, sal groot waarborge moet geld. Daar sal ’n totale ommekeer in die beleidsrigting en voldoende bewyse moet wees dat ’n mens daar kan belê.

Kortsigtige beleid
“Die situasie in Zimbabwe is die resultaat van ’n kortsigtige beleid waarvolgens eiendomsreg nie eerbiedig word nie. Dit is ook iets waarna Suid-Afrika se Regering neig,” sê Van Zyl. Hy meen die beginsel van ’n vrye mark moet in stand gehou word.

“In die betrokke buurland was die landbou die basis van sy ekonomie. Die beleid van grondvergrype wat toegelaat is, het vertroue vernietig. Vertroue sal eers moet terugkeer.”

Van Zyl het bygevoeg dit is hartseer dat politiekery die landbou in daardie land só verniel het dat voedselsekerheid in die gedrang gebring is.

17 April 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Saaiboer

2012/04/18 06:00:56 AM

HA HA HA....Ek dink die ou het op sy kop geval. 1April ons tog klaar verby.


Onbekende persoon

2012/04/17 05:00:39 PM

Groei teen 9% van niks af is niks, gee eers die beleggings wat gesteel is terug . Nou wil julle die myne ook steel en dan het julle die vermetelheid om vir beleggings te vra. Soos bg se gaan drink jou koppille Mnr Mavimbelamoet jy is besig om te yl.


Gerhard van der Linde

2012/04/17 01:49:11 PM

Mnr. Mavimbelamoet liewer sy koppille gereeld drink...

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights