15 Februarie 2012

785 keer gelees | 1 kommentaar

Twee boere van Zimbabwe gaan hulle na die Afrika-kommissie wend vir die vervolging van pres. Robert Mugabe, aldus AfriForum.


Twee boere van Zimbabwe gaan hulle na die Afrika-kommissie wend vir die vervolging van pres. Robert Mugabe, aldus AfriForum.

Luidens ‘n verklaring wil mnre. Ben Freeth en Luke Tembani die kommissie om verlof vra om die Afrika-hof vir Menseregte te nader vir regshulp teen die mensevergrype van pres. Robert Mugabe en die Zimbabwese regering.

Dié stap volg nadat die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap-tribunaal se werksaamhede verlede jaar tydens ‘n SAOG-leiersberaad opgeskort is. Die tribunaal is as ‘n streekhof ingestel om menseregte en ander regsverhoudinge in Suider-Afrika te beregtig.

Die tribunaal het in November 2008 beslis dat Mugabe se grondhervorming rassisties, onwettig en in stryd met die SAOG-verdrag is.

Die hof

Die hof het jurisdiksie oor alle sake en dispute wat op die vertolking van die Afrika-handves oor Mense- en Volkeregte betrekking het. Die Afrika-kommissie is by magte om ‘n saak by die hof aanhangig te maak wat andersins net deur ‘n staat aanhangig gemaak kan word.

“Dié boere hoop dus om hulle saak voor die Afrika-hof te laat aanhoor, deur middel van die proses voor die Afrika-kommissie,” lui die verklaring.

Die kommissie vergader op 20 Februarie 2012 in Banjul, Gambië, en adv. Pansy Tlakula, voorsitter van Suid-Afrika se Onafhanklike Verkiesingskommissie, is ʼn lid van die kommissie.

Intussen is boere en AfriForum se saak waar daar op eiendomme van die Zimbabwese regering in Kaapstad beslag gelê is, steeds in plek. Indien die Appèlhof in Bloemfontein later die jaar die Zimbabwese regering se appèlaansoek van die hand wys, sal die eiendom verkoop word. Dié geld sal aangewend word vir die boere aan wie die regering tans geld skuld.

15 Februarie 2012
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Butch van Blerk

2012/02/16 01:10:00 PM

Dis reg so van die Zim boere en ook Afriforum wat hulle help. Die ander organisasies wat hieroor swyg, sal nog later tot verantwoording geroep word. Hoe gouer die Afrika Hof hiervan hoor en die partye leer ken, hoe beter. Pro aktief is veel beter as re-aktief.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights