Deur ALANI JANEKE
26 April 2012

1054 keer gelees | 5 kommentaar

Pres. Jacob Zuma het tot die regsgeding oor die Lesotho-grens toegetree om vir ’n skikking buite die hof te vra, aldus die VL.


Pres. Jacob Zuma het tot die regsgeding oor die Lesotho-grens toegetree om vir ’n skikking buite die hof te vra, sê Vrystaat Landbou (VL).

Mnr. Kobus Breytenbach, voorsitter van die organisasie se veiligheidskomitee, sê die president het die versoek tot hulle gerig en hulle is tans in gesprekke met die regsverteenwoordigers van die provinsiale staatsdepartemente wat respondente in die saak is.

Die versoek volg ná die VL ’n saak van minagting van die hof teen die provinsiale departemente aanhangig gemaak het.

Dít volg op ’n skikking waarvolgens die staat verantwoordelikheid vir onder meer ’n grensheining, grenspad en veiligheid langs die grens aanvaar het. Die VL sê dié ooreenkoms word egter nie nagekom nie.

Raamwerk van voorstelle
Breytenbach sê hulle het ’n raamwerk van voorstelle aan die departemente voorgelê, waarop die departemente nou moet reageer. Aspekte wat die organisasie as ononderhandelbaar aangedui het, is die daarstelling en instandhouding van ’n behoorlike grensheining en grenspad, asook die beveiliging van die grens.

Breytenbach sê die departemente het reeds aangedui dat hulle nie die geld het om ’n grenspad te bou en te onderhou nie. Die VL het ’n voorstel gemaak dat boere langs die grens, oor wie se plase die pad sal loop, dalk met dié probleem kan help.

Verskeie boere is reeds begunstigdes van die staat deurdat hulle betaal is of nog betaal moet word vir die oprigting van heinings op hul grond namens die staat. Die organisasie stel voor dat dieselfde plan vir die bou van ’n grenspad oorweeg word. “Kosteberamings en bepalings en voorwaardes moet egter nog vasgestel word. Tans is dit net ’n voorstel.”

Veediefstal

Breytenbach sê die situasie rondom veediefstal langs die grens is “onherstelbaar”. Hy sê dit neem steeds daagliks toe en die Veediefstaleenhede het nie genoeg voertuie of voldoende opleiding om die probleem aan te pak nie.

“Ons verwag dat diefstal weer gaan toeneem namate die Caledonrivier in die winter minder water gaan kry. Die rivier se vlak het reeds begin sak, en dit maak dit vir veediewe van Lesotho net soveel makliker om vee te steel en deur die rivier na Lesotho toe te jaag.”

Die organisasie vergader  op 8 Mei met die provinsiale regering om die gebrekkige uitvoer van die Nasionale Landelike Beveiligingsplan te bespreek. Dié plan is verlede jaar deur mnr. Nathi Mtethwa, Minister van Polisie, op Bethlehem bekend gestel, maar meer as ’n jaar later is dit steeds nie in werking nie.

Breytenbach sê hulle is vol hoop dat die plan kan werk, want die geld daarvoor geoormerk, is genoeg, dit moet net gedoen word. ’n Bedrag van R839  miljoen is volgens die plan vir die bekamping van landelike misdaad landwyd beskikbaar.

26 April 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch van Blerk

2012/04/27 03:03:44 PM

Mnr Zuma verstaan nie so lekker nie - daar was reeds 'n skikking - wat die provinsiale regering nie nagekom het nie - en waarvoor toe 'n lasbrief vir minagting uitgereik was weens nie-nakoming. die saak was reeds geskik - mnr zuma moes net sy kadertjies opdrag gegee het op hul job te doen - wat ook toe nie gebeur het nie - pasop - die hof gaan vir jou se jy is ongeloofwaardig


Adriana Stuijt

2012/04/27 09:17:04 AM

Daar is 'n baie goeie internasionale arbitrasiehof in Den Haag wat hierdie soort geskille op 'n baie vinnige en bekwame manier oplos. Ek wonder al baie lank hoekom Afrika altyd dink hulle moet dit alleen probeer oplos - veral as dit gaan oor die veiligheid van so baie mense, is neutrale arbitrasie op internasionale vlak BAIE BETER.


Johan Kuhn

2012/04/27 06:41:31 AM

Moet nie dat Zuma julle 'n rat voor die oë draai nie. Wie se belang verteenwoordig hy of is dit vertragings taktiek?


Deon Lotter

2012/04/26 07:27:33 PM

Ek en my familie het sowat 250m vanaf die Lesotho grens in Ficksburg gebly. Ons was telke male daar beroof en selfs weldadig met messe aangeval. Die polisie kon niksaan die saak doen nie, aangesien die kriminele van Lesotho afkomstig was. PATETIES! Ons het regtig in vrees daar gelewe! Draad hou hulle nie uit nie, ek weet dit tog te goed. Al wat teen daai grens sal werk, is brute geweld, soos die reg om jou vuurwapen te gebruik as jy onraad vermoed. Daarvoor het hulle nogal respek. Ek hoop innig dat die pad en draad gaan help


mkruger

2012/04/26 01:12:36 PM

Terwyl julle nou met hom gesels hoor sommer by hom hoekom mense wat doelbewus die wet oortree meer regte het as wetsgehoorsame burgers in die land. In die geval is die oortreeders nie eens RSA burgers nie en het hulle ook nog meer regte as wetsgehoorsame burgers van die land. Pateties!!!! Ek sou my skaam omleier van 'n land met sulke wetgewing te wees.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights