7 Mei 2012

1260 keer gelees | 7 kommentaar

Swart opkomende boere en tradisionele leiers het voordeel getrek uit pres. Jacob Zuma se pogings om stemme in die komende verkiesing te werf.


Swart opkomende boere en tradisionele leiers in die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal het voordeel getrek uit pres. Jacob Zuma se pogings om stemme in die komende verkiesing te werf.

Zuma het as deel van sy veldtog om vir ’n tweede termyn as Suid-Afrikaanse president verkies te word deur die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal gereis en 14 trekkers ter waarde van R4 miljoen sowel as Nguni-beeste aan tradisionele leiers en swart opkomende boere in die voormalige Transkei en Ciskei oorhandig.

Die 14 trekkers is geskenk met die hulp van die landelike ontwikkelingsprojek by Masibambisane in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, berig The Mail and Guardian.

Verskeie ministers, insluitend min. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye; min. Edna Molewa, Minister van Waterwese; en min. Gugile Nkwinti, Minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling; het saam met Zuma die oorhandiging bygewoon.

Volgens mnr. Selby Bokaba, woordvoerder vir die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, het Joemat-Pettersson se departement vir die trekkers betaal as deel van sy meganisasieprojek.

Bokaba sê die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het egter nie vir die Nguni-beeste betaal nie.

Intussen kla talle ANC-lede oor Zuma se verkiesingsveldtog en beweer hy gebruik staatshulpbronne om stemme te werf. Daar word ook beweer dat die Suid-Afrikaanse president staatsdepartemente “boelie” om verskeie skenkings te maak. Lees hier meer.

Bron: The Mail and Guardian

7 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/05/08 09:53:14 PM

Sê 'n jeugliga leier in ons omgewing noudie dag baie agresief "The time has come for once and all to take our farms back.To confiscate the land without compensation and hand it over to our landhunger young people.Because comrades:AGRICULTURE IS NOT JUST A BOERESPORT!!!!!!!" Week later besoek ek 'n appelprojek waar die staat so 5 hektaar appels onder net gevestig het paar jaar gelede,state of the art besproeiing ens.Dit le soos n spookskip daar met die nette aan flarde,boompies toegegroei met tamboekie,pype heining pale verroes en mens word siek om die gemors te aanskou.Dit laat my dink aan daardie ou strokieskarakters:"Die Swape". Hierdie een lees: Die swape gaan boer!!


Onbekende besoeker

2012/05/08 03:46:09 PM

Waarom kry ons nie eerstehandse terugvoer in die vorm vam 'n TV program nie. Wie presies het die Implemente en Beeste ontvang en hoe lyk dit oor 'n jaar daar?? Wat en hoe lyk die norm aan wie dit gegee is- dalk nie juis aan mense wat dit nodig het nie??!! Of dalk "familie" wat alreeds plase "gescore" het.


Onbekende besoeker

2012/05/08 03:36:02 PM

Teen eerskomende naweek is dalk al die meeste van die beeste geslag en opgeeet.


Onbekende besoeker

2012/05/08 02:34:45 PM

Absolute nonsense, after a season the nguni's would be slaughtered for some birthday or wedding and the implements sold or broken before even put to good use. I can not however believe how this would help his campaign. Only 14 trekkers = 14 boere. 4 million is a heavy price for just 14 votes, clearly did not think it through like most things.


Onbekende besoeker

2012/05/08 07:18:35 AM

Daai trekkers en beeste sal soos ons paaie lyk na een seisoen, by gese as hulle nie aan regte boere verkoop word nie.


Onbekende besoekerThabo Strydom

2012/05/07 06:23:49 PM

Kom ons kyk hoeveel Ngunies gekalf het na een jaar en hoe lyk hul kondisie . Wat die trekkers en implemente betref moet gekyk word hoe doeltreffend dit aangewend is , asook die algemene instandhouding gedoen is !


Saaiboer

2012/05/07 04:32:47 PM

Wat is nou fout daarmee? Verwag ons nou dat die mense vir hom moet stem oor sy trekrekord? Nee man, koop hulle om met belastinggeld! Weet die ontvangers dat baie van die geld uit die blanke se sak uit kom? Wat 'n siek spul.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights