Deur JOYLENE VAN WYK
31 Mei 2012

1196 keer gelees | 3 kommentaar

'n Drastiese verbetering in produksie op plase en in die lewens van begunstigdes van grondhervorming is sigbaar.


'n Drastiese verbetering in produksie op plase en in die lewens van begunstigdes van grondhervorming is sigbaar, sê pres. Jacob Zuma.

Zuma het  repliek op die presidensie se begroting in die Parlement gelewer.

Mnr. Letlapa Mphahlele, PAC-LP, het aangevoer dat die Regering se restitusieprogram 'n “hartseer storie van mislukking” is, of vir mislukking opgestel was omdat daar geen betekenisvolle ondersteuning vir die begunstigdes is nie.

Zuma het in sy repliek op die begroting toegegee dat heelwat werk nog voorlê en dat dit wel gedoen sal word. “In 2009 het ons vir onsself 'n teiken gestel om 30% van die 82 miljoen hektaar landbougrond wat deur wit mense besit word, terug aan swart mense teen 2014 te gee. Hierdie 30% is 24,5 miljoen hektaar.”

Eienaars hou op om te belê
Hy het uitgewys dat die middeltermyn-hersiening aandui dat die aankoop en die herverdeling van 'n spesifieke stuk grond baie keer lank neem en dat dit die koste van herverdeling verhoog omdat die voormalige eienaar ophou om in die grond te belê. Baie van die plase is dan in ‘n swak toestand wanneer dit aangekoop word.”

Zuma het ook gesê dat daar baie keer ook 'n afname in die produktiwiteit op die herverdeelde plase is en daarom is die herkapitaliseringsprogram in 2010 ingestel. Teen einde verlede jaar het 595 plase die program vir herkapitalisering begin deurgaan.

Volgens Zuma is strategiese vennote en mentors, wat bevoeg is en ook ervare boere is, aangestel om die begunstigdes te help. Hulle help om die landbouvaardighede van die swart boere te ontwikkel, bied hulle toegang tot markte en waar moontlik, kry vir hulle toegang tot die hele waardeketting.

31 Mei 2012
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekend

2012/06/01 04:39:16 AM

As die zumas net vinniger die transaksie afhandel sal die plaas mos nou nie so "agteruitgaan" nie. Maklik om die skuld op iemand anders te plaas. Wat is die gemiddelde tyd om 'n transaksie so af te handel?


Dave

2012/06/01 09:20:25 AM

In your dreams JZ - nog politieke B-S.... net jou gehuurde toi toi'ers sal jou glo


onbekend

2012/06/01 10:30:53 AM

O hulle wil die plaas oesgereed hê, of dalk klaar geoes in die stoor...

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights