Deur ALANI JANEKE
5 Julie 2012

896 keer gelees | 3 kommentaar

Plaasaanvalle is nié rasgedrewe nie, hoewel baie van die aanvalle op wit kommersiële boere se plase plaasvind, sê pres. Jacob Zuma.


Plaasaanvalle en die rassefaktor is ’n tema wat al hewige debatte binne die georganiseerde landbou veroorsaak het.

Pres. Jacob Zuma meen egter dat hoewel baie plaasaanvalle op wit kommersiële boere se plase plaasvind, dit nie ’n rasgedrewe misdaad is nie. Hy meen die aanvalle moet binne die konteks van die hoë vlakke van misdaad in die land gesien word.

In ’n onderhoud met Beeld het Zuma gesê dat baie moorde ook in informele nedersettings gepleeg word, maar daaroor word nie altyd berig nie. Die Regering verwerp plaasaanvalle en sal aandag gee aan boere se besware dat die omvattende landelike beveiligingsplan nie op grondvlak tot uitvoer kom nie.

Voorrangmisdaad
Die kwessie van die verklaring van plaasmoorde tot ’n voorrangmisdaad is ook aangeraak en daarop sê Zuma mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Polisie, het al in die Parlement gesê plaasaanvalle is vir die Polisie net so ’n groot voorrangsaak as enige ander misdaad.

Die President het volgens die koerant ’n pluimpie aan die land se kommersiële boere gegee: “Waar ek ook al kom, sê die boere vir my hulle is bereid om as mentors vir opkomende boere op te tree.” Hy sal graag wil sien dat die land ’n netto uitvoerder van voedsel word.

Grondhervorming
Wat grondhervorming betref, het Zuma weer die versekering gegee dat dié proses binne die raamwerk van die Grondwet sal en moet geskied. “Ons sal nooit daarvan afsien nie. Wat ons (die ANC) ook al in Desember in Mangaung besluit, moet binne die raamwerk van die Grondwet wees.”

Op dié kongres sal die veelbesproke grondplafonne, wat ’n individuele boer se grondbesit sal bepaal, ook bespreek en vasgestel word.

Nóg ’n versekering
Intussen sê dr. Theo de Jager, ondervoorsitter van Agri SA, hy dink nie dié versekering deur Zuma gaan beleggers, wat die afgelope paar jaar weens onsekerheid uit die landbou en Suid-Afrika onttrek het, gerusstel nie.

Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, het verlede week - ná die ANC bekend gemaak het dat onteiening sonder vergoeding van die tafel gevee is – aan De Jager gesê: ”Ons het nou ons deel gedoen, nou moet julle jul deel doen en die beleggers begin terugkry.”

“Die Duitse en Indier-beleggers met wie ons intussen kontak gemaak het, sê hulle sal eers wag en kyk wat die besluite in Mangaung gaan wees voor hulle weer oor beleggings gaan besluit,” vertel De Jager.

Volgens De Jager sal beleggersvertroue slegs herstel word as aktiewe optrede teen korrupsie en misdaad sigbaar gaan word. “Dit beteken meer moet gedoen word as net die gewone. Nóg ’n versekering deur nóg ’n politikus is nie genoeg nie.”

Bron: Beeld


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Hein Grobler

2012/07/05 01:06:30 PM

Dis nie net RAS gedrewe nie, ons oumense word geteiken.


Rassehund

2012/07/05 08:46:10 PM

no? the killing of white farmers is not racial driven? that is not the truth,it is defenately racemotivated.no doubt.


butch

2012/07/06 08:46:11 AM

Mnr Zuma - dis dalk waar dat dit nie wetenskaplik bewys kan word nie, maar die onmenslikheid en marteling waarmee dit gepaard gaan , laat mens beslis wonder. Die feit van die saak is net dat u en die regering bloedweinig, of niks aan hierdie menseslagtingsituasie doen - en dis 'n groot bekommernis dat u en die regering so houtgerus daaroor is. Ek reken dis veilig om te aanvaar dat internasionale optrede teen menseslagters in die toekoms gaan toeneem, vandaar my kommer oor u standpunt. U weet tog dat internasionale strafhowe sulke standpunte soos die wat u maak, as snert afmaak. Ons boere vra dan net dat u die voortou neem en ons toelaat om ons kommandostelsel weer behoorlik in plek te plaas om onsself te beskerm, maar u regering se teenkanting in die verband , laat by die redelike man beslis negatiewe vermoedens ontstaan.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights