Deur ALANI JANEKE
26 Junie 2012

680 keer gelees | 3 kommentaar

Pres. Jacob Zuma het die beginsel van ’n gewillige verkoper en ’n vrywilliger koper gekritiseer en gesê ’n nuwe grondhervormingsmodel is nodig.


Die beginsel van ’n gewillige verkoper en ’n vrywilliger koper is ’n te stadige proses vir grondhervorming in die land en ’n nuwe restituasieprogram is nodig.

Pres. Jacob Zuma het dié stelling by die opening van die ANC se 53ste beleidskonferensie in Midrand gemaak. Luidens ’n berig op News24.com het Zuma wel nie uitgewys watter ander struktuur en plan vir grondhervorming nodig is nie.

Zuma het verder gesê Suid-Afrika se ekonomie is steeds meestal onder die beheer van wit mense en die staat moet drastiese stappe doen sodat die swart meerderheid kan voordeel trek uit die land se rykdom.

“Die struktuur van die apartheid-era se ekonomie het grootliks behoue gebly,” het Zuma aan duisende ANC-afgevaardigdes gesê. “Die eienaarskap van die ekonomie is primêr steeds in die hande van wit mans, soos dit nog altyd was. Die tyd het aangebreek om iets meer drasties te doen ten opsigte van ekonomiese transformasie en vryheid.”

Die staat faal

Intussen sê die Demokratiese Alliansie volgens ’n mediaverklaring, “die mislukking van grondhervorming is die mislukking van die staat self.” Die party verwys na die mening dat dié beginsel vir die mislukking van grondhervorming verantwoordelik is, as ’n “wanopvatting.”

“Dit is eenvoudig nie waar dat ’n verkoper onteiening en grondhervorming op hierdie manier kan frustreer nie. Verder is dit vrugteloos om te probeer om ’n vereiste wat nie in Artikel 25 van die Grondwet vervat is nie, te ‘hersien ‘,” sê me. Dene Smuts, die DA se woordvoerder vir justisie en grondwetlike ontwikkeling.

Bron: News24.com

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Saaiboer

2012/06/26 09:46:10 PM

Ons het nie 'n nuwe grondhervormingsmodel nodig nie, ons het 'n nuwe regering en president nodig, een wat nie twak praat om sy possie te probeer behou nie.


mkruger

2012/06/27 09:15:32 AM

Saaiboer. Ek stem saam met jou. Hy besef dat sy einde naby is en nou robeer hy stemme wen met die twak. Ons het nog een van die sterkste groeiende ekonomie in Afrika juis omdat dinge stadig gebeur en nie afgevorseer word nie. Probleem is egter net dat as ek dinge opsom gaan die een wat by om oorneem juis die drastiese roete begin volg.... The fall of the Roman(RSA) empire has begun...picked up speed.


Cattle Baron

2012/06/29 04:23:36 PM

The winds of change are blowing en as gevolg daarvan begin manne wat deur minagting van die wet en ontduiking van die gevolge van hulle bevraagtekende verlede mag gevat het paniekerig raak. Jacob is net besig om vir die massas te dans en te hoop dat die massas hom op hulle anderstens min gewaardeurde skouers na n tweede 4 jaar sal dra.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights