Nuus24

FW vaar uit teen pessimiste

Pres. Zuma het steun uit 'n onverwagte oord gekry toe FW De Klerk uitgevaar het teen "doemprofete" wat die ondergang van die land voorspel.

SA by kruispad, sê Gordhan

Suid-Afrika is by ‘n kruispad wat betref die hernieude arbeidsonrus in die mynbousektor, het die minister van finansies gewaarsku.

Stakers met rubberkoeëls uitmekaargejaag

Tien mynwerkers is beseer toe sekerheidswagte by 'n myn in Rustenburg rubberkoeëls gebruik het om stakers uitmekaar te jaag.

Stropers teiken reservate in KZN

Stropers het die afgelope 20 dae altesaam 11 renosters in KwaZulu-Natal geteiken, het die KwaZulu-Natalse natuurbewaringsdiens gesê.

SA 'rou' saam oor tornado in VSA

Pres. Jacob Zuma het sy medelye met die Verenigde State betuig nadat 'n tornado die lewe van minstens 91 mense geëis het.

Saoedi-Arabië: Vyf tereggestel, gekruisig oor moord

Vyf mans wat aan moord skuldig bevind is, is in Saoedi-Arabië tereggestel en hulle lyke is daarna gekruisig.

Justin permanent sy troetelapie kwyt

Justin Bieber het nie die nodige dokumente ingedien om sy troetelapie, Mally, van doenabeamptes in Duitsland terug te kry nie.

Geen nuwe voëlgriep-gevalle in China

Geen nuwe gevalle van mense wat met die H7N9-voëlgriepvirus besmet is, is die afgelope week in China aangemeld nie.

Zuma ontstoke oor sterftes by inisiasieskole

Pres. Jacob Zuma sê hy is geskok oor die dood van 27 seuns wat inisiasieskole bygewoon het, en het sy medelye aan die families betuig.

Mianmar: Swaar straf vir Moslems wat monnik vermoor

‘n Groep van sewe Moslems van Mianmar is tronkstraf opgelê ná hulle onlangs ‘n Boeddhistiese monnik vermoor het.

Proteas se Walter neem leisels by Titans

Die Proteas se kondisioneringsafrigter, Rob Walter, is as die Titans se nuwe breier aangewys, het die franchise in Centurion aangekondig.

Beskuldigde in Anene-saak vrygespreek

Beskuldigde nommer een in die Anene Booysen-moord- en verkragtingsaak is 'n vry man nadat die staat die aanklag teen hom teruggetrek het.

Paartjie op Seinheuwel aangeval

Die polisie in Kaapstad ondersoek 'n saak van ontvoering en seksuele aanranding nadat 'n tiener op Seinheuwel aangeval is.

'Oral bloed' toe George Michael uit motor val

Die sanger George Michael het wonderbaarlik slegs geringe beserings opgedoen toe hy op 'n snelweg uit 'n bewegende motor geval het.

Onmin oor Iran voor vredeskonferensie oor Sirië

Iran het aangedui dat hy bereid is om die komende vredeskonferensie oor die situasie in Sirië by te woon.

Carl Pistorius vrygespreek

Oscar Pistorius se broer, Carl, wat tereggestaan het op 'n aanklag van strafbare manslag, is in die Vanderbijlpark-landdroshof vrygespreek.

Voormalige Giro-kampioen tree uit

Die voormalige wenner van die Giro d'Italia, Denis Menchov, het op 35-jarige ouderdom sy uittrede uit fietsry aangekondig.

Afganistan: Kragtige bom langs pad eis 6

‘n Kragtige bom langs 'n pad in die weste van Afganistan het die lewe van ses polisiebeamptes geëis, het owerhede bevestig.

Skoonmakers afgedank ná rits betogings

‘n Kaapse skoonmaakmaatskappy het sy hele arbeidsmag afgedank ná ‘n rits betogings oor ‘n tekort aan sanitêre verwyderingsdienste.

Landdroste staak landwyd

Landdroste oor die land heen het aan 'n onwettige staking deelgeneem en weggebly van die werk af om beter salarisse en voordele te eis.

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights