Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuwe-benadering-vir-mofskaap

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 23:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nuwe benadering vir mofskaap

 
THEUNS BOTHA

Die Merino is lankal nie net meer net 'n wolskaap nie, maar 'n ware dubbeldoelras. Daarom is die bedryf nie in sak en as oor die teleurstellende wolpryse nie. Trouens, die grootste deel van 'n Merinoboer se inkomste is lankal reeds uit vleis, het mnr. Theo Delport, die nuwe voorsitter van Merino SA, op die jaarvergadering van die vereniging gesê.

Oor toekomstige samewerking met ander wolrasgenootskappe sê Delport ofskoon dit nie 'n besprekingspunt op die jongste vergadering was nie, voelers binnekort na ander genootskappe uitsteek gaan word om weer die water te toets.

"Voor daar egter tot onderhandelinge oorgegaan word, sal seker gemaak moet word dat nie een van die partye 'n verskuilde agenda het nie. Trouens, in die verlede was daar reeds gesprekke in dié verband, maar het dit gou duidelik geword dat die onderhandelaars nie werklik eerlik met mekaar was nie."

Delport, wat ook 'n beesteler is, sê daar gaan met BKB en CMW gesels word om toe te sien dat die prys wat vir ramme op veilings betaal word, nie gemanipuleer is nie, maar 'n ware weerspieëling van die vraag en aanbod op die veiling is.

"Die Merinobedryf kan nie meer die wetenskap ignoreer nie. Die Merino-plan wat BLUP insluit, sal toenemend deur telers gebruik moet word. Die variasie binne die ras bly 'n pluspunt, maar dit is noodsaaklik dat alle telers hulle ook op die ekonomies belangrike eienskappe van die ras toespits."

Delport het bekend gemaak dat 'n maatskappy, MerinoCare, gestig is om Merino SA se logo te bemark. Die genootskap sal die enigste bevoordeelde wees. Die farmaseutiese maatskappy Afrivet beplan om 'n reeks van 21 veemiddels op die mark te plaas wat deur MerinoCare onderskryf sal word. Tantieme op die produkte wat verkoop word, word aan die genootskap betaal.

Delport is in die plek van mnr. John Stretton verkies wat ná vyf jaar uitgetree het.

23 September 2005

0
 
 
  • 2377 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Roofdier Alarm Terugvoer
  • Omstrede verslag wys na Mbeki, Thoko
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction