Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuwe-garskultivar-toon-belofte

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:27 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nuwe garskultivar toon belofte

 
AMELIA GENIS (agenis@landbou.com)

Die nuwe garskultivar wat die moutgarsbedryf onlangs vir finale klassifikasie goedgekeur het, toon goeie siekteweerstand, het 'n mediumgroot vetkorrel en 'n gemiddelde opbrengspotensiaal.

Die garskultivar SSG 564 is verlede jaar, nadat sy agronomiese eienskappe, mout- en brougehalte jare lank geëvalueer is, deur die bedryf goedgekeur vir finale klassifikasie as 'n moutgarskultivar vir die Suidelike Halfrond.

Mnr. Francois Potgieter, 'n navorser by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Garsteelt (Sabbi) op Napier, sê die eerste kommersiele aanplantings van redelike omvang van SSG 564 is al in 2000 gedoen toe sowat 1 000 ha van diekultivar deur die hele garsproduserende gebied verbou is. "Die oppervlakte onder SSG 564 het geleidelik gegroei tot 6 015 ha verlede seisoen. Opbrengste van hierdie aanplantings is elke jaar gebruik vir kommersiële mout- en brou-evaluasie deur SAB. Boere en landboubesighede het terselfdertyd die agronomiese aanpasbaarheid van die kultivar geëvalueer" (tabel 1).

Hy sê SSG 564 word vir al die verbouingsgebiede aanbeveel omdat dit taamlik wyd in die streek aangepas is. Dit het 'n medium-opbrengspotensiaal met 'n medium-groot vetkorrel en 'n korrelstikstofinhoud soortgelyk aan dievan Clipper. " 'n Baie belangrike eienskap van SSG 564 is dat dit 'n beter algemene siekteweerstand as Clipper het, wat siektebestryding en bestuur kan vergemaklik."

Aspekte wat boere in gedagte moet hou by die verbouing van SSG 564, is dat dit ongeveer twee dae vinniger ryp word as Clipper, hoewel dit dieselfde saaidatum en verbouingsvereistes het.

Omdat SSG 564 se stoelvermoë soortgelyk aan dievan Clipper is, kan dit teen dieselfde saaidigtheid as Clipper gesaai word. Die bemestingsriglyne vir Clipper kan ook vir SSG 564 geld, sê Potgieter.

SSG 564 se strooilengte is medium tot lank en sy strooisterkte medium tot swak, wat beteken dat strooi in hoëpotensiaal-toestande dalk probleme kan veroorsaak.

Die nuwe garskultivar toon goeie blaarvlekweerstand en matige weerstand teen die netvlekkompleks (kol- en nettipe). Dit het geen blaarroesweerstand nie.

Vir die bestryding van netvlek word 'n vroeë bespuiting (ongeveer ses tot agt weke ná opkoms) met 'n swammiddel wat geen karbendasim bevat nie, aanbeveel. Potgieter sê 'n spuitmiddel met karben-dasim is geneig om netvlek-besmettings te verhoog. "Die eerste bespuiting kan in 'n later stadium — indien enige van die swamsiektes teenwoordig is — met enige geregistreerde swamdoder opgevolg word."

In normale oestoestande word geen probleme ondervind om SSG 564 te oes nie.

Die program vir die ontwikkeling van moutgarskultivars wat in 1984 deur Sensako begin is en in 2002 na Sabbi oorgedra is, poog steeds om aan die plaaslike bedryf aangepaste kultivars met verbeterde mout- en brougehalte te gee. Vanuit die program is al twee kultivars vir die Suid-Kaap vrygestel, waarvan die laaste een, SSG 532, verlede jaar uitgefaseer is. Potgieter sê die finale klassifikasie van die moutkultivar SSG 564 is 'n verdere stap in Sabbi se strewe om in die bedryf se behoefte ten opsigte van kultivars te voorsien.

Nog vier moutgarskultivars is voorlopig geklassifiseer en word kommersieel getoets. Potgieter sê hulle verwag dat ten minste een van die kultivars ook binne die volgende jaar of twee finaal geklassifiseer sal word.

Clipper nog onoorwonne

Die groot vraag na nuwe kultivars en die gebrekkige beskikbaarheid van moutgarskultivars met beter agronomiese en gehalte-eienskappe is van die belangrikste bepalers van bestendigheid in die bedryf, sê mnr. Francois Potgieter, 'n navorser by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Garsteelt (Sabbi) op Napier.

Hy sê die moutgarsbedryf in die Suid-Kaap het die afgelope paar jaar deur moeilike tye gegaan, met 'n hele aantal faktore wat bygedra het tot swak prestasie in die bedryf. "Die wisselvallige weerstoestande wat in die streek ondervind word, maak dit vir garsboere baie moeilik om elke jaar graan te produseer wat aan die graderingsregulasies voldoen."

Die oppervlakte gewy aan garsproduksie in die Suid-Kaap het in 1997 'n hoogtepunt van 124 995 ha bereik, maar teen 2002 met meer as 50 % afgeneem tot 60 945 ha. Mnr. Wemmie Carstens, 'n konsultant van Bredasdorp, sê dit kan toegeskryf word aan die risiko om gars van die regte gehalte te produseer. "Die feit dat boere so lank moes staatmaak op een betroubare kultivar, naamlik Clipper, het die risiko verder verhoog."

Potgieter sê die oppervlakte onder gars is weer aan 't styg. Verlede jaar is 69 976 ha gars in diegebied gesaai.

Clipper, wat sedert die begin van die plaaslike moutgarsbedryf in 1979 verbou word, is steeds die prominentste kultivar. Verlede jaar was diekanniedood-kultivar bykans 70 % (48 483 ha) van die totale garsaanplanting in die Suid-Kaap.

Goed vir brou

Die toets van 'n goeie brougars lê uiteindelik in die bier wat daarmee gebrou kan word, sê dr. Idelet Meijering, hoofvermouter van Southern Associated Maltsters (SAM) op Caledon.

In 1998, SSG 564 se eerste oesjaar, toe net 267 ton gars beskikbaar was, het vermoutingsproewe begin by SAM Alrode, waar klein eenhede van 125 ton gars op 'n slag vermout kan word. "Die proewe het gewys dat hierdie kultivar 'n beter gistingsvermoë het as Clipper, hoewel brouproewe gewys het dat die gebruik van SSG 564 nie juis voordeliger is as Clipper nie."

Meijering sê nadat heelwat navorsingstyd verlore gegaan het in die droë jare toe die persentasie korrelstikstof in SSG 564 te hoog was om mout te maak, is die lyn in Caledon vermout en op 'n ekstensiewer grondslag in die Alrode-brouery getoets in die brou van Castle Lager. "Die resultate was matig, met die skuim in bier laer as in bier wat van Clipper gemaak is."

Gedurende die derde proefjaar was daar genoeg gars beskikbaar vir vermouting in die Alrode- én Caledon-fabriek. "SSG 564-gars kon in albei fabrieke met gemak tot mout binne SAB-spesifikasies verwerk word. Ná 'n maand se brouproewe het die brouers aanbeveel dat die lyn vrygestel word as 'n kultivar vir die Suidelike Halfrond.

"Die SSG 564-mout het veral uitgestaan ten opsigte van die hoeveelheid voedingstowwe wat dit beskikbaar stel vir die gistingsproses en 'n verbeterde gistingsproses in Castle Lager vergeleke met ander kultivars vir die Suidelike Halfrond."

4 Februarie 2005

5
 
 
  • 1733 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • TLU SA verfyn sy strategie
  • Baie geld in skaars slange
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction