|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde het pas 'n nuwe handleiding beskikbaar gemaak vir die hantering, opberging en vernietiging van plaagdoders.
Die jongste handleiding vervang SANS 10072 (SABS 072:1993, Die veilige hantering van plaagdoders) sowel as die vorige uitgawe (SABS 0206:1987) deurdat dit albei nou saamvat in een bygewerkte standaard, sê me. Daleen Fourie, 'n spesialis van die SABS wat verantwoordelik was vir die skryf vir die standaard.
Volgens mnr. Alan Smith van CropLife SA, die tegniese spesialis wat Avcasa verteenwoordig, bied die nuwe standaard riglyne en vereistes vir boere, huishoudelike gebruikers, plaagbestryders, vervaardigers, formuleerders en verpakkers van plaagdoders asook verspreiders en handelaars van plaagdoders. Smith sê die standaard gee gedetailleerde vereistes vir die opberging van plaagdoders in pakkamers, plase, verspreidingswinkels en pakhuise, alles gebaseer op die volume plaagdoders wat opgeberg word.
"Boere moet veral kennis neem van klousule 10, insluitend die dele oor bêreplekke, verantwoordelikhede, gesondheidsgevare, veiligheidstoerusting, toepassing sowel as die wegmaking van afval en houers," het Smith gesê.
Navrae: SABS, tel. en faks 012 428 6883 of stuur 'n e-pos aan sales@sabs.co.za.
28 April 2006
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24