|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Twee nuwe koringkultivars - een vir droëland in die Vrystaat en die ander vir besproeiingslande - is deur die Kleingraaninstituut (KGI) by Bethlehem bekendgestel. Albei het goeie gehalte-eienskappe wat vir meulenaars én bakkers aanvaarbaar is.
Koringkultivars moet al hoe meer aan spesifieke vereistes voldoen om vir die bedryf aanvaarbaar te wees.
Een kultivar wat aan dievereistes voldoen, is Komati, 'n nuwe kultivar vir die Vrystaat. Dit is 'n intermediêre kultivar sonder 'n hoë kouebehoefte. Die strooi is lank, maar die staanvermoë goed. Dit sal wel in sekere hoëpotensiaal-toestande omval.
Dit het 'n lang koleoptiel van meer as 90 mm. Dit kan dus diep geplant word om te verseker dat die saad in vogtige grond beland. Komati se uitstekende weerstand teen vooroes-uitloop is voordelig vir die valgetal.
Omdat dit nie aluminium-verdraagsaam is nie, word dit nie aanbeveel vir grond met 'n lae pH en hoë suurversadiging nie. Die vergeling van blare, soos by Betta-tipe kultivars, kom ook by Komati voor. Dit word deur kalsium- en magnesiumtekorte in die grond veroorsaak - veral in jare met 'n hoë reënval in die groeiseisoen. Die vergeling het die opbrengs nie merkbaar benadeel nie.
Komati het goeie weerstand teen die Russiese koringluis. Hoewel dit vatbaar is vir geelroes, is dit net in optimale toestande vir die ontwikkeling van die siekte nodig om 'n swamdoder te spuit.
Dit is geskik vir hoë- en laepotensiaalgrond. Die opbrengs is stabiel. Dit vaar goed met 'n vroeë (1 tot 20 Junie) én laat (21 Junie tot 31 Julie) planttyd. Die opbrengs vergelyk goed met die van ander kultivars.
Dit voldoen ook aan meulenaars en bakkers se vereistes
vir graangehalte, proteïeninhoud, wateropname en mengeienskappe. Vir boere is
dit 'n uitstekende kultivar met 'n goeie gemiddelde hektolitermassa,
proteïeninhoud en valgetal (tabel 1).
|
face=Arial size=2>TABEL 1: Opbrengs en gehalte-eienskappe van Komati; vroeg en |
|||||
|
face=Arial size=2>Kultivar |
face=Arial size=2>Opbrengs |
face=Arial size=2>HLM1 |
face=Arial size=2>Proteïen |
face=Arial size=2>Valgetal |
face=Arial size=2>Graad |
| Vroeë aanplanting |
|||||
| PAN 3191 |
size=2>4,99 |
size=2>74,2 |
size=2>11,03 |
size=2>313 |
BS2 |
| Elands |
size=2>4,59 |
size=2>78,7 |
size=2>11,51 |
size=2>310 |
BS1 |
| SST 399 |
size=2>4,54 |
size=2>76,2 |
size=2>11,07 |
size=2>321 |
BS1 |
| Komati |
size=2>4,54 |
size=2>78,4 |
size=2>11,62 |
size=2>312 |
BS1 |
| Latere plantdatums |
|||||
| SST 983 |
size=2>5,00 |
size=2>75,2 |
size=2>10,8 |
size=2>302 |
BS2 |
| Elands |
size=2>4,55 |
size=2>78,8 |
size=2>11,0 |
size=2>315 |
BS1 |
| PAN 3377 |
size=2>4,24 |
size=2>74,2 |
size=2>11,1 |
size=2>334 |
BS2 |
| Komati |
size=2>4,46 |
size=2>78,5 |
size=2>11,1 |
size=2>325 |
BS1 |
| 1 = hektolitermassa | |||||
Met sy uitstekende hektolitermassa, valgetal en proteïeninhoud behaal Komati dus 'n goeie graad. En met die tydige toediening van 'n swamdoder kan die opbrengs en hektolitermassa van Komati verbeter word in jare wat gunstig is vir geelroes-epidemies.
Omdat Komati 'n matige kouebehoefte het, kan dit tot laat in Julie geplant word, wat dit geskik maak om in Junie en Julie teen 15 kg/ha tot 30 kg/ha geplant te word.
Saad vir Komati sal nie voor die 2004-plantseisoen beskikbaar wees nie.
Olifants is 'n nuwe besproeiingskultivar met 'n
uitstekende opbrengspotensiaal (tabel 2).
Die potensiaal vergelyk goed met dievan die bekende top-produseerder SST 876.
Sy mediumgroeiperiode maak dit geskik vir 'n vroeë tot gewone planttyd in koeler
én warmer besproeiingsgebiede.
|
TABEL 2: Opbrengs van Olifants by Bethlehem en Standerton in 2001 en Bergville in 1999 tot |
||||||||||
|
size=2>Plek |
size=2>Olifants |
size=2>Kariega |
size=2>Marico |
size=2>Baviaans |
SST |
|||||
|
size=2>Junie |
size=2>Julie |
size=2>Junie |
size=2>Julie |
size=2>Junie |
size=2>Julie |
size=2>Junie |
size=2>Julie |
size=2>Junie |
size=2>Julie |
|
| Bethlehem |
5,17 |
6,69 |
5,64 |
4,92 |
5,46 |
4,22 |
5,18 |
4,84 |
5,32 |
6,34 |
| Standerton |
4,88 |
4,56 |
5,83 |
5,40 |
5,33 |
4,36 |
5,70 |
5,42 |
5,44 |
5,69 |
| Bergville |
- |
6,15 |
- |
6,72 |
- |
5,67 |
- |
6,36 |
- |
5,99 |
Dit stoel goed en vaar goed as dit yler en vroeër gesaai word. Dit het 'n sterk, mediumlengte strooi en goeie staanvermoë, wat dit bestand maak teen omval. Dit is goed bestand teen die heersende blaarsiektes en het sterk weerstand teen die bekende soorte geelroes en mediumweerstand teen blaar- en stamroes.
Olifants is 'n semi-dwerg-lentebroodkoring met goeie
gehalte-eienskappe wat aan meulenaars en bakkers se vereistes voldoen. Die
hektolitermassa is gemiddeld tot bogemiddeld as dit met ander kultivars, soos
Kariega, Marico, Baviaans en Steenbras vergelyk word. Die proteïeninhoud is hoër
as enige van die genoemde kultivars s'n (tabel 3).
|
TABEL 3: Hektolitermassa en proteïenin- |
|||||
|
size=2>Kultivar |
size=2>HLM1 |
face=Arial>Proteïen2 (kg/hl) | |||
| Olifants |
76,6 |
12,7 |
|||
| Kariega |
76,5 |
12,4 |
|||
| Marico |
76,3 |
12,3 |
|||
| Baviaans |
77,0 |
12,3 |
|||
| Steenbras |
77,5 |
12,1 |
|||
| 1 = | |||||
hektolitermassa
2 =
proteïeninhoud
Nog 'n vergelyking met die bogenoemde kultivars toon dat Olifants se korrelvulperiode medium tot kort is en dat dit 'n goeie stoelvermoë, strooisterkte en pitvastheid het. Olifants bied weerstand teen streeproes en matige weerstand teen meeldou. Dit is matig vatbaar vir blaarroes en vatbaar vir stamroes.
Saad sal van die 2003-seisoen af kommersieel beskikbaar wees.
14 Februarie 2003
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24