|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die Landbounavorsingsraad (LNR) se nuwe uitvoerende hoof sal na alle waarskynlikheid einde Augustus aangekondig word.
Volgens mnr. Thero Setiloane, voorsitter van die LNR-raad, sal me. Lulama Xingwana, Minister van Landbou en Grondsake, die aankondig teen 31 Augustus doen. Die aanstelling volg nadat dr. Nthoana Tau-Mzamane se kontrak einde Mei verstryk het. Sy was sedert 2001 in dié pos.
Intussen neem mnr. Luvuyo Mabombo, bedryfshoof van die Departement van Landbou, as uitvoerende hoof waar. Gerugte doen die ronde dat Mabombo waarskynlik die pos permanent sal vul, maar Setiloane wou dit nie bevestig nie. Op 'n vraag of 'n onderhoud vir die sleutelpos ook met Mabombo gevoer is, het Setiloane gesê onderhoude het nog nie plaasgevind nie.
Mabombo is reeds meer as vier jaar lank bedryfshoof by die Departement van Landbou.
4 Augustus 2006
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24