|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
'n Opbrengsverhoging van tot 15% kan deur een van die drie nuwe Dekalb-mieliekultivars vir die besproeiingsmark behaal word, meen mnr. Bright Breytenbach, produkbestuurder van Monsanto.
Die nuwe kultivars gaan deur Monsanto in 2009 bekend gestel word. Die 15% verbetering beteken 1 tot 1,5 t/ha ekstra en omdat dit die Yieldgard en die RoundupReady tegnologie bevat, het dit ook 'n ultra-kort groeiseisoen. Die ander twee kultivars bring onderskeidelik 'n 5% en 6% verbeterde opbrengs.
"Die mielie kan 'n verskil maak aan die hongersnood in Afrika," het Breytenbach gesê.
Die nuwe kultivars kan kommersiële boere 'n hupstoot gee en dit kan die lewe van kleinboere positief verander, reken Breytenbach. Volgens Breytenbach is Monsanto se doelwit om mielieproduksie van 2000 tot 2030 van gemiddeld 3,1 t/ha tot 6, 4 t/ha te verdubbel.
2 April 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24