Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuwe-struktuur-land-bank

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:27 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nuwe struktuur by Land Bank

 
SUSAN BOTES

Die nuwe direksie van die Land Bank sien uit daarna om dié instelling op sy kop te keer en weer geloofwaardig te maak. Lede van die direksie ag hulself bevoorreg dat dit juis hulle kan wees wat ingeroep is om 'n ommekeer te bewerkstellig, sê mnr. Themba Langa, nuutaangestelde voorsitter van die direksie.

Een van die maniere om dit te doen, is die aanstelling van 'n geloofwaardige uitvoerende hoof wat vertroue by die sektor kan inboesem. Die ideale kandidaat sal 'n bekende in landbou-ekonomie kringe wees. "Ons beweeg stelselmatig weg van die idee om 'n swart uitvoerende hoof aan te stel bloot op grond van die feit dat hy swart is," het Langa aan Landbouweekblad gesê. Volgens hom is bekwaamheid is die belangrikste eienskap, aangesien dit die bank se aansien weer in ere kan herstel.

Byna alle uitvoerende bestuursposte by die bank is tans vakant. Volgens Langa is dit die regte tyd om die bank te herstruktureer. Die beoogde "skoonmaakspan" sal vanuit landboukringe gewerf word.

Hy meen die bank se krediet- en risikostrukture moet ernstig aandag kry. "Voorheen was dit relatief maklik vir die amptenare om bedrog te pleeg as gevolg van lakse krediet- en risikostrukture. Mnr. Alan Mukoki (vorige hoof) kon byvoorbeeld 'n lening van R5 miljoen goedkeur," het Langa gesê. "Die uitvoerende komitee se magte moet ingeperk word."

Die direksie wil hê dat die bank hom meer op ontwikkeling moet toespits. Tans is daar nie 'n pos vir 'n hoofbeampte van ontwikkeling nie. Langa wil hê die bank se struktuur moet verander dat dit by die behoeftes van die sektor en sy kliënte sal inpas.

Die Land Bank se struktuur lyk meer soos dié van 'n kommersiële bank en nie 'n ontwikkelingsbank nie. ('n Volledige prentjie oor die beoogde omkeerstrategie is op bl.76)

Die georganiseerde landbou is bekommerd oor die gebrek aan landboukundiges op die direksie. Dit bekommer Langa egter nie. Hy sê dit is omdat die probleme by die bank meer van 'n bestuursaard as landboukundig is.

Drie van die direksielede is egter landboukundiges. Hulle is prof. Herman van Schalkwyk, dekaan van die fakulteit landbou aan die Universiteit van die Vrystaat, mnr. Theo Potgieter wat aan dié universiteit se bestuurskool verbonde is en eerw. Otto Mbangula, 'n boer.

"Ons gee nie voor om kenners van die landbou te wees nie. Ons gaan by universiteite en landbou-ondernemings aanklop om hulp, want hulle ken die bedryf," het Langa gesê.

Landbouweekblad, 11 April 2008

0
 
 
  • 1458 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Dag 1 09/08/2008
  • Wolpryse stewiger teen einde van seisoen
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction