Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Oes-verklein-grond-verdig

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:27 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Oes verklein as grond verdig

 
Charl van Rooyen

Wanneer grond verdig, veroorsaak dit dat die oes kleiner is, want die wortels kan die grond nie goed genoeg binnedring om kos en water te bereik nie. Bowendien kan die grond nie baie water en plantvoedingstowwe opberg nie. Daarom moet boere alle moontlike sorg dra om hul grond so min moontlik te verdig. 'n Kenner gee raad hieroor.

Vir die beste groeitoestande moet die grond waarop 'n gewas verbou word, gesond wees, sodat dit genoeg water kan opberg en later die vog en plantvoedingstowwe aan die gewasse kan voorsien. As die grond egter verdig het, verswak die grondtoestande.

Die gewas wat die boer plant, se opbrengspotensiaal hang in 'n groot mate van die grond, kultivar en klimaat af. As die grond egter verdig het, is dit 'n remskoen vir die opbrengs, al is dit 'n baie goeie tipe grond wat goed bemes is en 'n hoë vogprofiel het.

Prof. Peter Lyne, van die Natalse Universiteit se departement Biohulpbronne-ingenieurswese en Omgewingshidrologie, het op die jaarlikse konferensie van Natal se klub vir geenbewerking, die No-Till Club, gesê grond verdig weens eksterne druk wat daarop uitgeoefen word. Dit kan op verskeie maniere plaasvind, soos die gewig van die trekkers, stropers en ander werktuie wat oor die land beweeg, as gevolg van grondbewerking, en waterdruppels wat die grond tref. Dit veroorsaak dat die spasies tussen die gronddeeltjies kleiner word. Gevolglik belemmer dit die tempo waarteen water en opgeloste plantvoedingstowwe die grond binnedring, en die hoeveelheid vog wat die grond kan opberg. Daar moet ook lug in die grond wees. Die ideale balans vir goeie groeitoestande is 50 % grond, 25 % water en 25 % lug. Grond wat verdig is, belemmer nie net wortelgroei nie, maar bemoeilik saadontkieming, bewerk moeilik en verg meer brandstof, en erosie vind makliker plaas.

As diebalans nie reg is nie, is daar minder water en kos vir die plante. Boonop ly die grondorganismes (mikrobes wat plantreste tot organiese materiaal afbreek en só vir 'n beter grondstruktuur sorg) ook daaronder, want daar is ook nie genoeg vog, voedingstowwe en lug vir hulle om hul werk goed te doen nie. 'n Swak struktuur verlaag ook die grond se kompakteerbaarheid en korsvorming tydens stortreën.

Die min spasies tussen die gronddeeltjies belemmer wortelgroei, want die plantwortels kan die grond nie deeglik binnedring nie. Die plant se wortelstelsel is dus swak, met die gevolg dat daar te min wortels is om die plant goed te kan voed en van water te voorsien.

Ongelukkig is daar geen manier waarop 'n boer al hierdie probleme heeltemal kan uitskakel nie. Hy kan verdigting wél met die regte bestuur beperk, wat beperking van voertuigverkeer in die land, bewerkingsmetodes, invloed van waterdruppels op die grond, die meting van verdigting en bepaalde bestuursmetodes behels.

Die beweging van trekkers, stropers en ander voertuie is een van die groot sondaars wat grond laat verdig. Swaar voertuie en werktuie oefen groot druk op die grond uit en laat die ruimtes tussen die gronddeeltjies verklein.

Die basiese riglyne om dít te beperk, is die volgende:

Beperk verkeer tot die minimum deur 'n land so min moontlik te bewerk. Met gewone bewerking kan tot 80 % van 'n land se oppervlak deur werktuie se wiele deurkruis word. Dit gebeur wanneer boere grond intensief bewerk en dit etlike kere met skottel- en skaarploeë, êe en ander werktuie deurkruis word om die grond vir die volgende oes gereed te maak. Dit is hoekom geenbewerking en spoorverkeer (deur altyd op dieselfde rye te plant, met die gevolg dat die trekkers ook net tussen die rye beweeg) so waardevol is, want dit los dieprobleem grootliks op en veroorsaak minder grondverdigting. Met geenbewerking ploeg die boer nie die grond nie, maar plant regstreeks. Trekkerverkeer word dus beperk.

Gee aandag aan die wyse waarop die gewig van 'n vrag versprei word. Maak seker die asse dra almal ewe swaar. As een as 'n baie swaarder gewig as die ander dra, is die druk op die grond soveel groter as wanneer die gewig eweredig versprei is. As 'n wa met 'n enkele as deur 'n trekker getrek word, is die hele vrag op die enkele as (twee wiele) en is die verdigting dus groter as wanneer 'n wa met twee asse (en vier wiele) gebruik word. Dit is natuurlik tensy die koppeling aan die trekker só is dat die trekker 'n deel van die vrag se gewig dra, soos wat in die suikerbedryf gedoen word.

Die soort voertuig het 'n groot invloed. 'n Trekker met smal buitebande oefen groter druk uit op die oppervlakte waarmee dit in aanraking kom as wanneer breë bande en veral rusperbande gebruik word, wat die gewig oor 'n groter oppervlakte versprei. Dit is hoekom groot trekkers deesdae dubbele wiele het en selfs drie wiele langs mekaar het. Trekkers, stropers, waens en kunsmisstrooiers met rusperbande is ook beskikbaar.

Sommige soorte bande veroorsaak meer verdigting as ander. Kruislaagbande is die nadeligste soort om te gebruik. Straallaagbande daarenteen, veroorsaak minder verdigting, want dit maak oor 'n groter area met die grond kontak, is buigsamer en is minder geneig tot wielglip, wat verdigting vererger. Die jongste neiging is groot, breë bande, wat nie besonder styf gepomp word nie. Die bande gee dus mee en absorbeer só 'n deel van die druk op die grond se oppervlakte.

Banddruk verg baie aandag. Die druk wat op die grond uitgeoefen word, is gelyk aan die banddruk, plus 'n ekstra 15 kPa, wat deur die bande se stywe kante veroorsaak word. Hoe laer die banddruk, hoe minder is die druk dus op die grond. Dit moet egter nie laer as die vervaardiger se aanbevelings vir die betrokke vrag wees nie, anders kan die druk op die grond via die sykante baie hoog wees. Dit is dus raadsaam om groter bande te gebruik, sodat dit teen 'n laer banddruk gebruik kan word om dieselfde vrag te dra.

Band- en vraggrootte speel 'n rol. 'n Sleepwa met smal buitebande en met 'n vrag van 5 t oefen meer druk op die grond uit (300 kPa) as, byvoorbeeld, 'n vrag van 20 t, wat op twee waens gelaai word wat groter bande het (200 kPa per band) (sien die illustrasie hierbo). Gebruik eerder breë bande vir trekkers, stropers, sleepwaens en swaar werktuie soos kunsmisstrooiers en planters. Die druk op die grond is laer as die band se omtrek groot is.

Die las per voertuig-as verg aandag. 'n Wa met net een as sal groter druk op die grond plaas as dieselfde wa met 'n soortgelyke vrag met twee asse, wat die gewig beter versprei. 'n Swaar las per as kan die grond tot 250 mm diep verdig, wat baie duur is om te herstel.

Grond verdig ook weens wielglip. Dit gebeur as die trekker teswaar trek en as die bande oud en verslete is.

Prof. Lyne sê grondbewerking is nóg 'n sondaar. Wanneer grond geploeg word, maak dit die grond enersyds los sodat die gewas maklik kan groei. Andersyds beskadig dit ook die grond se struktuur - een van die pilare van vrugbaarheid - en die grond se vermoë om water en plantvoedingstowwe aan groeiende plante beskikbaar te stel. As grond omgeploeg word, oksideer die organiese materiaal en breek dit vinniger af, sodat daar minder weerstand teen kompaktering is. Los grond verdig ook makliker.

Grond verdig makliker as die boer grond bewerk wat baie nat is. Die beste is om droër lande eerste te bewerk, en lande wat geneig is om lank nat te bly, tot laaste te los.

Grondbewerking kan ook 'n ploeglaag veroorsaak. Dit is 'n verdigtingslaag wat deur die ploegskaar veroorsaak word. Hierdie laag kan só dig word dat plantwortels nie daardeur kan groei om by die grondvog uit te kom nie. Dit kan voorkom word deur die grond nie altyd ewe diep om te ploeg nie. Die ploegdiepte moet ook afgewissel word.

Wanneer dit stortreën, tref groot waterdruppels die grond met só 'n harde slag dat dit 'n kors op die grond kan vorm. Dit gebeur veral wanneer die grond vir 'n tydperk tussen die verbouing van twee gewasse braak lê, sonder die beskerming van plantreste. Die druppels beskadig die grond se struktuur in die boonste lagie van die bogrond. Die ruimte tussen die gronddeeltjies word dan verminder en die deeltjies kleef vaster aan mekaar, met die gevolg dat daar minder plek vir lug en vog is. Dit is dus raadsaam om altyd oesreste op die land te hou.

Daar is verskeie metodes waarmee die grond se digtheid gemeet kan word, soos met 'n neutron-peilstif, wat egter 'n duur apparaat is. Die goedkoopste metode vir die boer is om 'n profielgat te grawe. Daarin kan hy sien hoe diep die wortels die grond binnegedring het, terwyl hy 'n ploeglaag met die blote oog kan waarneem.

'n Deel van goeie bestuur om grondverdigting teen te
werk, is goeie kennis van die grond. Die boer moet weet wat die grond se
beperkings is om vog op te berg en hoe dig dit is. Die tabel verskaf
bestuursriglyne vir verskillende grondtipes.

TABEL:
BESTUURSRIGLYNE VIR VERSKILLENDE GRONDGROEPERINGS
size=2>Grondgroepering size=2>Grondvorm size=2>Dreinering Gevaar van

verdigting
Bruin humusryke
grond

Inanda, Nomanci, Kranskop, Magwa,

Lusiki, Sweetwater

Goed

Laag

Swart en rooi
gestruktuurde grond

Shortlands, Arcadia, Rensburg,

Bonheim, Inhoek, Milkwood, Mayo,

Willowbrook

Matig tot swak

Matig

Rooi en geelbruin
grond

Augrabies, Bainsvlei, Hutton, Clovelly,
Griffin

Goed

Matig tot laag

Grys hoogliggende
grond

Cartref, Glenrosa

Goed

Matig

Grys laagliggende
grond

Estcourt, Klapmuts, Vilafontes,

Longlands, Westleigh, Swartland,

Valsrivier, Sepane, Kroonstad, Tukulu

Matig tot swak

Hoog

Diep, grys grond met

lae klei

Fernwood, Namib, Dundee,
Oakleaf

Goed

size=2>Laag

Wisselbou speel ook 'n rol, want sommige gewasse het 'n groot wortelstelsel,
wat die grond losser maak. Goeie wisselbou laat die grond verder in 'n beter
toestand en met 'n groter vermoë om weerstand teen verdigting te bied.

Prof. Lyne sê die boer hoef nie net in die grond te kyk om agter te kom sy
grond het verdig nie. Hy kan dit onder meer agterkom na aanleiding van ongelyke
groei weens 'n verdigtingslaag, en die swak groei van gewasse wanneer die plante
nie genoeg vog en voedingstowwe uit die grond kry nie.

Navrae: Prof. Peter Lyne, Universiteit van Natal, Private sak X01,
Scottsville, Pietermaritzburg 3209; tel. 033 260 5490; e-pos: href="mailto:lynep@nu.ac.za">lynep@nu.ac.za  

11 Oktober 2002

0
 
 
  • 1694 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Immergewilde kleinkoekies
  • Kaapse brandewynpoeding
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction