Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Oesskatting-bly-dieselfde

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:27 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Oesskatting bly dieselfde

 

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is onveranderd gelaat op 7,050 miljoen ton.

Die Nasionale Oesskattingskomitee het die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes onveranderd gelaat op 7,050 miljoen ton.

Die komitee sê die produksieskatting van witmielies is 4,155 miljoen ton met 'n verwagte opbrengs van 2,56 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 2,895 miljoen ton met 'n verwagte opbrengs van 3,12 t/ha.

Die oppervlak met mielies onder besproeiing is ongeveer 210 000 ha (8,2%), terwyl mielies onder droëland 2,342 miljoen ha (91,8%) beloop. Die oppervlakte van witmielies onder besproeiing is 85 000 ha (5,2%) en geelmielies onder besproeiing is 125 000 ha (13,5%).

Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 308 580 ton, wat 2,24% meer is as die 301 830 ton van die vorige skatting. Die oppervlakte beplant met sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 316 350 ha. Die verwagte opbrengs is 0,98 t/ha teenoor die 0,95 t/ha van die vorige skatting.

Ander gewasse: Die produksieskatting van sojabone is onveranderd gelaat op 218 600 ton en die oppervlakteskatting is ook onveranderd gelaat op 183 000 ha. Die verwagte opbrengs is 1,19 t/ha. Volgens voorlopige aanduidings is die oppervlakte van sojabone beplant onder besproeiing 8,7% of 16 000 ha.

Die verwagte grondbone-oes is 49 360 ton, wat 0,61% meer is as die vorige skatting van 49 060 ton. Die oppervlakteskatting is onveranderd gelaat op 40 770 ha. Die verwagte opbrengs is 1,21 t/ha teenoor die 1,20 t/ha van die vorige skatting. Die geskatte oppervlakte van grondbone beplant onder besproeiing is 20,8% of 8 500 ha.

Die produksieskatting van sorghum is 159 675 ton - 4,45% hoër as die 152 875 ton van die vorige skatting. Die oppervlakskatting vir sorghum is onveranderd gelaat op 69 000 ha. Die verwagte opbrengs is 2,31 t/ha teenoor die 2,22 t/ha van die vorige skatting. Die styging in produksie kan hoofsaaklik toegeskryf word aan hoër as verwagte opbrengste wat gerealiseer het.

In die geval van droëbone is die produksieskatting 39 545 ton, 4,87% minder as die 41 570 ton van die vorige skatting. Die geskatte oppervlakte beplant is onveranderd gelaat op 50 725 ha. Die verwagte opbrengs is 0,78 t/ha teenoor die 0,82 t/ha van die vorige skatting.

Die oppervlakte beplant met mielies in die bestaanslandbou-sektor word geskat op 345 266 ha, wat 'n afname van 20,1% verteenwoordig in vergelyking met die 432 246 ha van die vorige seisoen. Die verwagte mielie-oes van dié sektor is 213 738 ton, wat 32,5% minder is as die 317 056 ton van die vorige seisoen.

Die sesde produksieskatting vir somergewasse vir die 2006/07 produksie-seisoen en die voorlopige oppervlakte vir wintergewasse vir 2007 word op 25 Julie 2007 vrygestel.

26 Junie 2007

0
 
 
  • 1701 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • 'n Ander saak ....
  • Aksieforum vir landbou gestig
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction