|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
'n Olieprys van $195 per vat - 'n prys wat ekonome nie as buite die kwessie beskou nie - kan die mielieprys opjaag tot bokant R5 000 per ton met ernstige negatiewe gevolge vir onder meer die rooivleis en pluimveebedrywe.
Die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP) sê hy beskik oor die nodige modelle om 'n objektiewe analise van 'n scenario soos dié te doen.
Die gevolge van só 'n hoë olieprys is as voorbeeld voorgehou van 'n moontlike scenario wat vir rolspelers in die landbou van die grootste belang is.
Knou vir voedselsekuriteit
Prof. Johann Kirsten, hoof van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van Pretoria, het by die bekendstelling van die jongste BFAP-verslag oor die toekoms van landboukommoditeite, gegrond op 'n aantal aannames, gesê die buro beskik oor die stelsels en modelle om sinvolle scenario-beplanning te kan doen.
Volgens die scenario met 'n olieprys van $195 per vat, is die minimumprys vir mielies net bokant R2 000 per ton maar die maksimum kan oor $R5 000 per ton gaan.
Hy sê die realistiese prys in só 'n scenario behoort by R3 000 per ton te beweeg , maar dit sal steeds ernstige gevolge vir veevoer, voedselverwerking, die suiwelbedryf en voedselinflasie inhou. Dit kan ook voedselsekuriteit 'n groter knou gee.
10 Junie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24