Olifantsrivier die vuilste

 

Die Olifantsrivier in Mpumalanga is die mees besoedelde rivier in Suid-Afrika, sê mnr. Steve Mitchell van die Waternavorsingskommissie (WNK). "Die rivier hou aan agteruit gaan. Die groot aantal krokodille wat reeds dood is, toon dat besoedeling oor 'n lang tyd opbou. Dit bewys dat daar nie 'n skielike gebeurtenis was wat die water besoedel nie," sê hy.

Die Vaalrivier en Umgenirivier is in die tweede en derde plek op dié lys. Die WNK sê baie van Suid-Afrika se riviere, veral dié wat deur bewoonde gebiede loop, gaan agteruit. Mitchell meen daar is nie die politieke dryfkrag om dié probleem op te los nie.

"Ons gebruik nie al die kennis wat ons het nie. Terwyl middelbestuur in die Regering toegewyd is om dinge te verbeter, dink ek soms die voorrangsake waaroor op Kabinetsvlak besluit word, is nie altyd die beste op lang termyn nie."

Bron:

New24.com (News24.com)

25 Februarie 2009

0