Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Onkruid-weerstand-verg-nuwe-benadering

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:27 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Onkruid: Weerstand verg nuwe benadering

 
Brian de Villiers (LNR-Kleingraaninstituut)

"Boere sal nie na raad oor strategieë teen onkruiddoderweerstand luister alvorens hulle dit nie self ervaar nie." Dít was op 5 Maart 1998 een van prof. Steven Powles van die universiteit van Adelaide se voorspellings toe hy na aanleiding van sy ondervinding in Australië 'n groep boere op Caledon in die Suid-Kaap toegespreek het.

Hy was in die kol met sy voorspelling. Ten spyte van vele waarskuwings teen onkruiddoderweerstand, riglyne om dit te voorkom en strategieë om weerstand te bestuur, ploeter die meeste Suid-Afrikaanse boere steeds voort en vererger die probleem elke jaar.

Prof. Powles het by dieselfde geleentheid ook die volgende voorspellings gemaak:

  • Raaigrasweerstand sal Suid-Afrikaanse boere se grootste probleem word
  • Weerstand kan ontwikkel ná ses tot sewe toedienings van `fop'- en `dim'-onkruiddoders (ACC-ase inhibeerders) en net drie toedienings van sulfonielureums (SU's, wat ALS-inhibeerders is).
  • Waar `fop'- en `dim'-weerstand reeds bestaan, tree kruisweerstand nóg vinniger in.

    Ook met hierdie voorspellings was hy in die kol. In die Wes-Kaap is die eerste onkruiddoderweerstand in 1994 aangeteken toe wetenskaplik bewys is dat daar raaigras is wat weerstand teen 'n `fop'-onkruiddoder het.

    Net soos in Australië het weerstand teen verskeie onkruiddoders vinnig uitgebrei. Na raming kom óf SU-, óf `fop'- en `dim'- óf kruis- en veelvuldige weerstand reeds op minstens 100 000 ha van 350 000 ha bewerkbare grond in die Wes-Kaap voor - net nege jaar nadat die eerste weerstand bevestig is.

    In Wes-Australië is die eerste onkruiddoderweerstand (raaigrasweerstand teen SU's) in 1983 bevestig. Agt jaar later het net 13,4 % van hulle ongeveer 30 miljoen hektaar onder eenjarige gewasse geen onkruiddoderweerstand gehad het nie. 'n Opname wat reeds in 1991/92 gedoen is, het gewys dat SU-weerstand op 70 % van die oppervlakte voorgekom het en `fop'- en `dim'-weerstand op 51 % van die oppervlakte, waarvan 37 % kruis- of veelvuldige weerstand was.

    Die weerstandprobleem in die Wes-Kaap is dus nog nie so erg soos in Australië nie. Maar met net twee groepe chemiese middels (SU- of `fop'- en `dim'-doders) tot boere se beskikking om gras in graan te bestry, sal onkruidbestryding só bestuur moet word dat dit weerstand voorkom, sê mnr. Chris Cummins van Aventis op Stellenbosch.

    Weerstandstrategieë moet altyd in gedagte gehou word en by alle boerderypraktyke ingepas word. As 'n boer twee tot drie jaar agtereenvolgens SU's op dieselfde land spuit, kan hy weerstand verwag.

    As daar al weerstand is, of waar hoë grasdruk voorkom, moet die boer só beplan dat hy die probleemlande laaste beplant. Selfs al reën dit laat, verhoog dit die moontlikheid van 'n voorsaaibespuiting met 'n glifosaat of parakwat.

    'n Doeltreffende voorsaaibespuiting kan die grasdruk in die daaropvolgende gewas met 40 % tot 70 % verlaag. Dit beteken beter doeltreffendheid van die ná-opkoms-onkruiddoder, om die volgende redes:

  • Die onkruiddruk is laer, 90 % beheer van 100 plante/m2 laat 10 plante/m2 op die land, teenoor 90 % beheer van 1 000 plante/m2 se 100 plante/m2.
  • Die kanse op beskerming van later ontkiemende of kleiner onkruide verlaag.
  • Die onkruid kom nie so gou onder druk vanweë aangrensende mededinging nie.

    Doders wat vir voorsaaibespuitings gebruik word, moet afgewissel word. Hoewel glifosaat uitstekend werk voordat gesaai word, moet boere die produk afwissel. Weerstand kan teen glifosaat opbou. Trouens, die eerste geval van raaigrasweerstand teen glifosaat-onkruiddoders is onlangs bevestig.

    Die gewas wat geplant word, se bydrae tot onkruidbestryding moet nie onderskat word nie. Plante wat welig groei, kan onkruid wat laat ontkiem, onderdruk. Die koringkultivar SST 88 stoel byvoorbeeld beter as ander kultivars en kan dus op probleemlande gebruik word om onkruid wat laat opkom, beter te onderdruk.

    Verskille tussen grassoorte moet in ag geneem word. Raaigras het nie 'n noemenswaardige saadrus nie, maar wilde hawer het 'n saadrus wat meebring dat net 'n sekere persentasie van die saad ná die eerste reën ontkiem. As wilde hawer 'n probleem is, moet met die ná-opkomsbespuiting gewag word. Op probleemlande mag 'n tweede bespuiting nodig wees.

    Rekordhouding en vooruitbeplanning is 'n belangrike deel van 'n weerstandstrategie. 'n Boer moet aanteken wat hy elke jaar spuit, wat die samestelling van die middels was en of dit gewerk het. As hy nie seker is of hy weerstand het nie, moet wetenskaplike toetse gedoen word.

    Mnr. Cummins sê boere sal meer klem moet lê op die nie-chemiese alternatiewe om te voorkom dat die weerstandsituasie vinnig verder versleg. Die belangrikste enkele aspek waarom hierdie benadering draai, is die voorkoming van saadvorming van grasonkruide of, anders gestel, die uitputting van grassaadreserwes in die grond.

    As boere daarin kan slaag om nuwe saadvorming te verhoed, kan die onkruidpopulasie van raaigras in 'n land binne twee tot drie jaar tot hanteerbare vlakke verlaag word. Die figuur hieronder wys hoe die ontkieming van raaigrassaad afneem in 'n land waar geen nuwe saad beland het nie.

    Die groot sondaar by die opbou van 'n onkruidsaadbank is die stroperbane wat agtergelaat word. Boere sal 'n plan moet maak om die fyn kaf wat agter die stroper uitgeblaas word, in kafkarre op te vang en van die land te verwyder. Dit word al in Wes-Australië gedoen. Navorsing daar wys dat tot 80 % meer grassaad van die land verwyder word wanneer dit reg gedoen word.

    Die Australiërs het ook verlede jaar begin om 'n toestel wat agter aan 'n stroper gemonteer word om die onkruidsade te vernietig, kommersieel te toets. Die onkruidsade word met 'n spesiale sif van die strooi geskei en gaan deur 'n toestel wat dit fyn maal. Navorsing aan die universiteit van Wes-Australië wys diemeul maak minstens 98 % van die onkruidsade dood.

    Mnr. Cummins sê daar is 'n magdom ander "nie-chemiese" praktyke wat beoefen kan word om die grasdruk te verlaag en saadvorming te verhoed, byvoorbeeld wisselbou, hooimaak, platsny, drukbeweiding, brand van kafstroke, ens.

    Diepraktyke is al tot vervelens toe van verhoë verkondig en in artikels gepubliseer, maar tot die boer sy ingesteldheid verander en die erns van die probleem aanvaar, sal daar net kop geknik en voortgeploeter word.

    Mnr. De Villiers is verbonde aan die
    LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem.

    Gebruik doders reg ná opkoms

    Ongunstige omgewingstoestande belemmer dikwels die doeltreffende werking
    van onkruiddoders. Vir die beste resultate is dit dus nodig dat toestande so
    gunstig moontlik gemaak moet word vir die beste opname van die middel deur die
    plant.

    Onkruiddoders werk net so goed soos hulle toegelaat word om te werk. As boere
    praktyke volg wat onkruiddoderopname benadeel, moet hulle bereid wees om die
    prys daarvoor te betaal, omdat wanpraktyke die opname en doeltreffendheid van
    die onkruiddoder kan strem.

    Die algemene siening van "as alles in die spuittenk goed lyk, gaan die
    onkruiddoder doeltreffend werk", kan ver van die waarheid wees. Die rede
    daarvoor is dat die inhoud van die spuittenk in klein druppeltjies op die blaar
    beland. Hierdie druppeltjies word blootgestel aan omgewingstoestande wat dikwels
    nie optimaal vir doeltreffende opname is nie.

    Ongeregistreerde mengsels is een van die hoofoorsake van swak
    doeltreffendheid. Dit is nie ongewoon om te hoor van sewe middels wat in 'n
    spuitoplossing gemeng word nie. Hierdie mengsels kan tot ondoeltreffende
    bestryding of gewasskade lei.

    Onkruiddoders is chemikalieë wat in die spuittenk met mekaar kan reageer. Dit
    is dus raadsaam om net diemiddels te meng wat vir vermenging met mekaar
    geregistreer is.

    Sommige middels word erg benadeel as hulle gespuit word met water wat baie
    soute bevat of met water wat modderig is. Voorbeelde van gevoelige middels is
    glifosaatbevattende produkte, hormoondoders, sekere sulfonielureums en verskeie
    ander. Dit is dus nie 'n goeie praktyk om enige van die middels of enige ander
    onkruiddoder met modderige water te gebruik nie.

    As watergevoelige middels gespuit word, is dit raadsaam om weg te bly van
    water wat baie kalsium, magnesium, natrium en kalium bevat.

    Daar kan algemeen gesê word dat harde en brak water vermy moet word, maar in
    die praktyk is dit egter nie altyd moontlik nie. In sulke gevalle is daar
    hulpmiddels saam met sommige van die onkruiddoders geregistreer wat soute in die
    water kan oorkom.

    Verskeie hulpmiddels is byvoorbeeld met glifosaat geregistreer, juis om
    hierdie probleem te oorkom. Geen hulpmiddel kan egter die nadelige invloed van
    modderige water oorkom nie.

    Dit is kommerwekkend om te sien hoe boere hulpmiddels soms as onbelangrik
    beskou. Menige bespuiting het al misluk omdat die geregistreerde hulpmiddel
    weggelaat is. Geen perfekte onkruiddoder bestaan nie en daar is verskeie faktore
    wat die werking van onkruiddoders kan beïnvloed. Hulpmiddels is spesifiek
    ontwerp om van hierdie ongunstige toestande se invloed te minimaliseer.

    Hulpmiddels is dus vir spesifieke onkruiddoders ontwerp en hul eienskappe
    verskil na gelang van die probleem/tekortkoming van die onkruiddoders.
    Hulpmiddels se breë funksie is óf om die behoud van druppels op die onkruidblaar
    te vergroot óf om die opname in die onkruid te verhoog óf albei. Om sekere
    onkruiddoders sonder hul geregistreerde hulpmiddel te spuit, kan katastrofiese
    gevolge inhou en 'n herbespuiting sal heel waarskynlik nodig wees.

    Sekere hulpmiddels werk baie spesifiek met sekere onkruiddoders. Lukrake
    vervanging van een hulpmiddel deur 'n ander kan doeltreffendheid ernstig strem.
    Die geregistreerde hulpmiddel moet dus gebruik word.

    Ongunstige weer tydens en net ná bespuiting kan die doeltreffendheid van
    onkruiddoders heeltemal in die wiele ry. Verskeie faktore speel 'n rol, maar lae
    humiditeit is sekerlik die grootste sondaar. Hoe laer die lugvog, hoe vinniger
    verdwyn die druppeljie op die blaar en hoe swakker is die uiteindelike
    bestryding. Daarom is daar gewoonlik beperkings aangedui op etikette wat
    aanvaarbare grense van humiditeit aandui.

    Die tyd wat dit die plant kos om onkruiddoders op te neem, verskil ook. Dit
    kan van een tot agt uur wissel. As 'n onkruiddoder lank op die blaar moet lê, is
    dit uiters noodsaaklik dat weersomstandighede aanvaarbaar moet wees. Daar moet
    dus probeer word om onkruiddoders in gunstige toestande toe te dien.

    Geregistreerde hulpmiddels moet nooit weggelaat word nie, omdat hulpmiddels
    juis gedeeltelik kompenseer vir swakker toestande. Nadat die water uit die
    druppeltjie verdamp het, is dit net die kristalle van die uitgedroogde
    onkruiddoder, hulpmiddel en soute (indien teenwoordig), wat agterbly. Dit is
    hier waar die hulpmiddel tot sy reg kom om die opname deur die blaar so hoog
    moontlik te hou.

    Bespuiting van groot onkruidsoorte is gewoonlik ondoeltreffend omdat die
    boonste blare die doder van die ander blare weghou. 'n Goed ontwikkelde waslaag
    op die blaar en die feit dat die plant nie meer aktief groei nie, benadeel die
    opname van onkruiddoder deur groot plante.

    Boere moet dus probeer om onkruiddoders op kleiner, vatbare plante te spuit.
    Onkruiddoder-etikette dui gewoonlik ook aan wat die optimale stadium van
    bespuiting is.

    Hedendaagse onkruiddoders is wonderlike produkte wat verskeie onkruidsoorte
    kan bestry met min of geen invloed op die graan op die land nie. Dit moet egter
    korrek gebruik word ten einde moontlike ondoeltreffende bestryding en gewasskade
    te vermy.


    Vir meer inligting, bel mnr. Brian de Villiers by 058 307 3420 of
    stuur e-pos na brian@kgs1.agric.za

  • 4
     
     
    • 1249 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Gids vir identifikasie van vee
    • John Deere-winkel gewild op Nampo

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Die regte tyd om voerkraallammers te bemark
    • Onkruid hoort op bioveiligheidsagenda
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction