|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Die omstrede voorgenome grondonteieningswet is vir minstens vanjaar heeltemal "uit die parlement se boeke", en dit is 'n goeie teken, het me. Annelize Crosby, parlementêre skakel en regsadviseur van Agri SA tydens 'n inligtingsdag op Stellenbosch gesê.
Crosby was 'n genooide spreker tydens 'n inligtingsdag deur die Inmaak Produsente-vereniging en die Droëvrugte Tegniese Dienste, en het gesê die wyse waarop die onteieningswet sal funksioneer as dit in sy huidige vorm deurgevoer sou word, is die georganiseerde landbou se grootste beswaar daarteen.
Die woordspeling "in openbare belang" wat daaraan gekoppel word is té wyd, want dan kan selfs op laer owerheidsvlakke onteieningsbesluite geneem word. Dit stuur ook 'n boodskap uit dat die markwaarde van grond nie belangrik is nie, terwyl Agri SA meen markwaarde moet die vertrekpunt in sulke onderhandelinge moet wees.
Sy het gesê beïnvloeding van die owerhede, op al drie vlakke, moet so vroeg moontlik begin word wanneer die moontlikheid van 'n nuwe wet of regulasie begin rugbaar word, want dan kan daar sukses mee behaal word. Die georganiseerde landbou het talle geleenthede om sulke beïnvloeding te doen, en daar is heelwat sukses in die verlede daarmee behaal wanneer betyds met 'n beïnvloedinsaksie begin word.
Dit moet egter in gedagte gehou word dat daar heelwat eksterne invloede is wat ook op 'n land soos Suid-Afrika se wetgewing inwerk. Dit is aspekte soos internasionale konvensies en handelsooreenkomste.
18 Augustus 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24