Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Onverwagse-prysdaling-ruk-melkbedryf

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:27 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Onverwagse prysdaling ruk melkbedryf

 
THEUNS BOTHA

Die nuus dat Clover en Dairy Belle, twee van die land se grootste melkverspreiders, besluit het om hul boereprys vir melk afwaarts aan te pas, het die bedryf geskok. Vrese bestaan dat meer melkkopers hul voorbeeld gaan volg en dat daar melkboere gaan wees wat die handdoek sal moet ingooi.

Ook mielieboere wat gehoop het die lae mielieprys te omseil deur die mielies as voer vir hul melkkuddes te gebruik, sal nou twee keer moet dink of dit hulle nog sal loon.

In 'n brief wat Clover aan sy produsente gestuur het, sê die maatskappy dat hy sy prys aan produsente vanaf 1 April met 17 sent per liter gaan verlaag en dat die B-allokasie mettertyd teruggesny sal word sodat meer melk in die C-allokasie uitgevoer kan word.

Die sterk rand, wat veral kaasuitvoer benadeel, sterk mededinging in die binnelandse mark en lae inflasiekoers word onder meer as redes aangevoer waarom 'n prysverlaging onafwendbaar is.

Dairy Belle gaan teen middel April sy boereprys ook met 5 sent per liter verminder. Mnr. Richard Dalgleish, besturende direkteur van Dairy Belle, het geweier om vrae in dié verband te beantwoord en het die telefoon in

Mnr. Berlo Coetsee, groepbestuurder van melkwinning by Parmalat, sê sy maatskappy het nog nie besluit of hy sy boereprys gaan verlaag nie. 'n Vergadering word dié week gehou om oor die saak te besin. "Al wat ek in dié stadium kan sê, is dat ons onder druk verkeer en die dat verkope van melkprodukte nie na wens is nie."

Dr. Hennie Kleynhans, besturende direkteur van die Woodlands-melkery op Humansdorp, sê sy maatskappy sal eers met sy produsente vergader voor daar oor 'n aanpassing besluit word. Mnr. Willie Prinsloo, 'n woordvoerder van Nestlé, sê sy maatskappy het nog nie 'n amptelike besluit in dié verband geneem nie.

Verskeie leiers in die melkbedryf met wie Landbouweekblad gepraat het, is verbaas dat pryse kort voor die winter verlaag word. Sommige waarnemers meen dit moet eerder as sein aan nuwe toetreders gesien word om nie op die melkwa te klim nie.

Ander is verras aangesien die prys van melkprodukte wêreldwyd die afgelope 30 maande styg en die voorraad in Suid-Afrika is tans heelwat laer as in Desember 2003. Die kaasvoorraad is heelwat minder as gewoonlik.

25 Maart 2005

0
 
 
  • 1294 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Zim: Landbou sál regkom
  • Vennote
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction