Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Oorweldigende-ja-vir-etanolbedryf

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:27 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Oorweldigende "ja" vir etanolbedryf

 
NICO VAN BURICK

Etanolbedryf kry hupstoot

'n Bedryf in Suid-Afrika waar etanol uit mielies vervaardig word, het 'n oorweldigende "ja"-stem gekry ná 'n besoek van 'n taakspan aan Europa en Amerika om die haalbaarheid van só 'n bedryf te ondersoek.

Mnr. Kobus Lindeque, gebiedsdirekteur van Monsanto wat saam met graanboere, bestuurslede van Graan SA en 'n chemiese ingenieur onder meer Spanje, Oostenryk, Frankryk en Amerika besoek het, sê almal stem onomwonde saam dat dit haalbaar is. "Daar is niks wat in ons pad staan nie. Ál die somme in ons besigheidsplan klop en ek het geen twyfel dat ons etanol-aanlegte teen 'n wins kan bedryf nie," het hy gesê.

Die beste moontlike tegnologie is geïdentifiseer en 'n maatskappy is gevind om dit hier te lewer. Lindeque sê buitelandse aanlegte in boere se besit word met welslae bedryf met dien verstande dat die bestuur onafhanklik is en besigheidsbesluite neem.

"Daar moet 'n balans wees tussen die prys wat vir mielies betaal word en die verkoopsprys van etanol en dit kan nie deur die aandeelhouers voorgeskryf word nie."

Hy sê in Amerika is daar boere wat binne drie jaar hul belegging in aandele verhaal het soos wat aandeelpryse verhoog het.

Mnr. Fanie Brink, waarnemende hoofbestuurder van Graan SA wat ook aan die studietoer deelgeneem het, sê sy organisasie se taak is om hom vir 'n beleidsraamwerk te beywer en as 'n skakel met die owerhede en brandstofmaatskappye te dien.

"Soos in die geval van bio-diesel, waar 'n gesamentlike implementeringskomitee (JIC) tussen staatsdepartemente en ander belanghebbendes bestaan, is ons in gesprek met die Departement van Minerale en Energiesake oor 'n soortgelyke komitee vir bio-etanol."

Hy sê dit is nodig om ál die beplande projekte op regeringsvlak bekend te maak met die oog op toekomstige beleidsmaatreëls en moontlike toegewings vir die vervaardiging van bio-brandstof. Hy waarsku dat dit 'n projek op lang termyn is en daar op kort termyn steeds minder geplant moet word.

Mnr. Johan Hoffman van Ethanol Africa sê die buitelandse besoek het bewys die projek is meer as haalbaar. "Soos in die res van die wêreld sal die bedryf hier ook ongekend groei. Ons moet eenvoudig betrokke raak."

Daar word beoog om agt aanlegte teen 'n koste van R350 miljoen elk op te rig. Dié aanlegte sal elk 370 000 ton mielies in 155 miljoen liter etanol kan verwerk.

Hoffman is besig om groepe boere oor die sakeplan in te lig en talle boere het reeds tot kontrakte ingestem. As groepe inligting wil ontvang, kan Hoffman gebel word by sel 082 455 8871.

20 Mei 2005

0
 
 
  • 1504 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Karooboere se valhekke werk!
  • Tef as ruvoerbron vir skape
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction