Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Oos-kaapse-boere-kry-koue-skouer

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:27 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Oos-Kaapse boere kry koue skouer

 
THEUNS BOTHA

Agri Oos-Kaap het sterk beswaar aangeteken nadat die Oos-Kaapse departement van landbou bekend gemaak het dat 80 % van sy begroting vanjaar aan swart opkomende en kommunale boere beskikbaar gestel gaan word.

"Ofskoon die vereniging dit heelhartig eens is dat breë ekonomiese bemagtiging nie onderhandelbaar is nie, kan daar nie aanvaar word dat dit ten koste van gevestigde boere geskied nie," het mnr. Cerneels Pietersen, voorsitter van Agri Oos-Kaap, gesê.

Volgens Pietersen het opkomende boere die kundigheid van gevestigde boere nodig om binne 'n mentorskapsprogram te ontwikkel en is baie kommersiële boere reeds hierby betrokke. "Wat gaan van die nuwe toetreders word as die gevestigde boere weens die onrealistiese regeringsbeleid ten gronde gaan?"

Die LUR vir landbou in die Oos-Kaap, mnr. Gugile Nkwinti, het in sy begrotingsrede gesê dat dit noodsaaklik is dat die geld só verdeel word dat die armste die grootste voordeel trek. Daarom sal 80 % van die landboubegroting in die oostelike deel van die provinsie aangewend word.

Ingevolge 'n sespuntplan sal R250 miljoen jaarliks oor die volgende drie jaar vir die koop van trekkers, die maak van damme, die sink van boorgate, die oprigting van diptenks en heinings, die herontwikkeling van die besproeiingskemas en menslike ontwikkeling gebruik word.

Pietersen meen dit is betreurenswaardig dat daar geen geld vir navorsing, tegnologiese ontwikkeling en grondbewaringsprojekte beskikbaar gestel is nie. "Dit sal net die verhouding tussen die kommersiële landbou en die departement van landbou verder vertroebel," het hy gesê.

7 April 2006

0
 
 
  • 1986 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Seyfferdt beter n
  • Simentaler bul by Geurnsey Koeie
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction