• In kant en cowboyboots is sy ‘n prinses op die plaas

    Deur admin

    Fotos op die plaas is die pop se gunsteling tussen gras boom en bas sal sy wees..maar fotos die sal ona neem.

  • Veld

    Deur admin

    Die 2 seuns van PJ Olivier van die plaas Bonnievale, Fraserburg, kyk uit vir reën! Zako (5) en Henko (3) boer graag saam! Hier speel hul n ent van die huis af waar PJ sy volstruislaaibank bou.

  • Vol Spruit

    Deur admin

    Vroeg Desember 2016 na ‘n groot bui reen stoot die spruit oor sy walle!

  • Plaashek my stil-word-plek

    Deur admin

    Foto geneem: 30 Desember 2016.
    Plek: Colesberg
    In die foto: My dogtertjie Suliztha, 18 maande.

    Dit was ‘n baie warm dag 38C…. Belowend het die reen opgebou, Suliztha het weg van my gehardloop en toe sy terug kom gaan staan sy so rukkie stil by die plaashek. Asof sy dankie sê.

  • Seuns met hul bul trekkers in reënwater

    Deur admin

    Op ons plaas Hamburg (NoordWes 60km wes van Vryburg) – by die 200mm reën vir die week gekry. Dam water op klipbank gemaak. Kinders het dit baie geniet. Dit was baie droog gewees. Die seuns het hul JohnDeere bul-trekkers in die water rond gestoot oor die klippe.

  • Kalfe liefde

    Deur admin

    My dogter Marli Grobler het n groot liefde vir beeste en hulle vir haar. Foto geneem op ons plaas Dalyspan

  • Vreugde van plaaskinders na die reën.

    Deur admin

    My twee seuntjies Jano (5) en Marco (2) baljaar te lekker na die reën met hulle draadkarre in die water. Ons is so dankbaar vir die wonderlike reën wat ons Hemelse Vader vir ons gestuur het.

  • Mielie plantjie

    Deur admin

    Mielie plantjie

  • Goudpot

    Deur admin

    Ons het die reënboog baie waardeer, want dit is nie n algemene verskeinsel in ons omgewing nie.