|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Twee mans sal môre weer in die Krugersdorp-landdroshof verskyn oor die moord in Oktober verlede jaar van mnr. Loffie van der Gryp, 'n melkboer van die Wes-Rand.
Mnre. Dumisane Ncebesha van die Tarlton-hoewes, en Karlito Makambo, 'n plaaswerker van Mosambiek, het op 28 Desember vlugtig in die landdroshof verskyn en is aangekla. Landdros Joachim Nortjé het die saak tot 6 Januarie uitgestel. Die mans sal tot dan in aanhouding wees.
Mnr. Frikkie Cloete, 'n boer van Ogies in Mpumalanga, het in Desember 'n vermeende boef met sy haelgeweer doodgeskiet nadat hy die man en drie ander vermeende inbrekers op heter daad betrap het. Cloete, sy vrou en drie kinders is in die vroeë oggendure van 23 Desember deur hul honde se geblaf wakker gemaak.
Vier van hul vyf honde is vergiftig. "Toe ek die honde sien, het ek geweet hier is moeilikheid. Mense vergiftig nie honde as hulle nie ander planne het nie," het Cloete gesê. Hy het gaan ondersoek instel en het vier mans by sy tuinhek gewaar.
Hy het die mans gewaarsku en toe met sy haelgeweer op hulle geskiet. Een man het aan sy wonde beswyk en Cloete meen die ander drie mans is ook gewond.
Bron:
Beeld
5 Januarie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24