'n Voornemende gebruiker moet eers as 'n "casual user" registreer voordat 'n soektog na pryse of -neigings kan begin. (Geen bank- of kaartbesonderhede word hiervoor vereis nie.) Registrasie is noodsaaklik om 'n voornemende gebruiker se e-posadres te kry. 'n Verslag word ná 'n transaksie outomaties na die koper se e-pos-adres versend.
Twee maniere is beskikbaar: Een is met 'n plaasnaam of -nommer, of soek plaasverkope per distrik vir 'n bepaalde kwartaal.