|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
'n Ernstige plaaswerker-tekort pootjie Amerikaanse boerderye.
Meer as die helfte en tot soveel as 'n beraamde 70% van dié land se plaaswerkers is onwettige immigrante, meestal uit Mexiko. Werkgewers sê openlik dis omdat Amerikaners self nie meer bereid is om harde plaaswerk te doen nie.
Mnr. Larry Pope, hoof van Smithfield Foods, die wêreld se grootste varkvleis-verwerker en -produsent, het die arbeidstekort op die USDA se jaarlikse vooruitskouingforum in Washington DC 'n krisis genoem. "Dis jammer om te sê, maar Amerikaners wil nie meer dié werk doen nie."
Landbou-werkgewers doen reeds jare 'n beroep vir dringende hervorming van immigrasie-wetgewing. Omvattende voorgestelde wetwysigings deur pres. George Bush het verlede jaar egter gesneuwel, deels weens Amerikaners se vrees dat dit grootskaalse "amnestie" vir onwettige immigrante sal gee.
Die varsprodukte-bedryf word die ergste geraak. As die regering nie plan maak nie, gaan boere nie meer plant nie of ander gewasse begin verbou, waarsku mnr. Tom Stenzel, hoof van die United Fresh Produce Association, 'n organisasie wat die varsprodukte-bedryf in Washington DC verteenwoordig.
27 Februarie 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24