Pluimvee moet inge

 

Mense wat hoenders en ander pluimvee in die groter Oudtshoorn-gebied aanhou of intensief met pluimvee boer, moet hul voëls aanvullend tot die bestaande inentings van elke ses maande teen Newcastle-siekte behandel.

Volgens dr. Willem Burger van die Klein Karoo-groep word die meeste inentings slegs vir slagvolstruise vanaf vier maande oud en broeivoëls gedoen. Hy raai egter aan dat alle volstruise teen dié virus ingeënt word.

Burger sê hierdie benadering is om die verhouding met die algemene bevolking asook internasionale handelsvennote te beskerm.

Dr. Adriaan Olivier, laboratoriumhoof van die groep, sê dit is veral noodsaaklik dat agterplaasboerderye tydig inent om die siekte te bestry.

Hy sê volstruise is ook vatbaar vir hierdie hoogs aansteeklike pluimveevirus. Die Newcastle-siekte is endemies in Suid-Afrika en as dit verder uitkring, kan dit uitvoerbeperkinge meebring.

Olivier waarsku dat daar geen behandeling vir Newcastle-siekte is nie. "Dus moet alle siek pluimvee vernietig word. Vrektes moet ook onmiddellik by die staatsveearts se kantoor aangemeld word."

Die aanvullende entstof is by die Klein Karoo-groep se Agri supermarkte te kry. Vir afsprake om pluimvee in te ent, bel 044 203 5234. Afsprake kan daagliks tydens kantoorure vanaf 07:30 tot 17:00 gemaak word.

21 Oktober 2005

0