'n Ooreenkoms tussen Pick n Pay (PnP) en BP beloof om geriefsinkopies en brandstofverhandeling in Suid-Afrika noemenswaardig te verander.
Volgens die memorandum van verstandhouding, wat in Julie 2008 beklink is, sal PnP die Express-winkels van BP oorneem en alle handel in brandstof hanteer.
BP tree dus as groothandel-brandstofverskaffer en verhuurder op met PnP as huurder en franchise-houer. Die ondernemings beoog om teen einde vanjaar twee proeflopies in die Kaap bekend te stel.
Al BP se Express-winkels sal as Pick n Pay-Express-winkels bekend staan en sal 'n reeks PnP-produkte verkoop. Diesel sal teen 'n afslagprys verkoop word, maar petrol sal teen die heersende prys te koop wees.
Bron:
Fin24
23 Oktober 2008