Die vyf mees populêre boere in kykNET en Landbouweekblad se werklikheidsreeks Boer soek ‘n Vrou 2 is verlede week aangekondig. Loer in om meer oor dié Romeo’s te leer en na videogrepe van die manne te kyk.
Optimistiese dames het sowat 300 briewe aan Ludwig, die Oos-Vrystaatse boer van Ficksburg, geskryf. Johann, die Standertonse boer, het 240 briewe gekry; Flip, ’n vrugteboer van Uniondale, wat 197 briewe gekry; Pieter H, ’n wynboer van Franschhoek, het met 91 briewe gespog en Francois, ’n boer van Dealesville, het 86 briewe gekry.
Klik op die losloper se naam om na ‘n videogreep te kyk.
Me. Elma Postma, aanbieder van Boer soek 'n Vrou, ontspan op die meegaande foto.
27 Julie 2009
Kommentaar
Johan die boer van Limpopo, dit lyk en klink of jy nog uit die ou skool van 'n "gentleman" kom, sou jou graag wou ontmoet was te laat met inskrywing, so indien jy nie jou pasmaat vind kontak gerus. Sterkte en mooibly! MC
Ek het die onaangename voorreg gehad om een van die finaliste van Boer Soek n Vrou2 te ontmoet. Wat n arrogante klein misoes! Die mannetjie is voorsitter van hulle fees kommitte vir die skou, en het behoorlik seker gemaak hy word immers raak gesien.
Het in rye ingedruk om bedien te word, van die dames wat gewerk het sleg gese omdat hy nie vinnig genoeg gehelp is nie, en net plein onmanierlik.
Sy tv beeld van so ordentlike man is sooooo ongelooflik vals! Nee wat, ek het bitter lanklaas so windbol tee gekom in my lewe!
Hulle is bair lekker
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)