Dankie Opsitkers, sê egpaar ná 58 jaar!

 
Mnr. en mev. Andries Marx, wat al 58 jaar getroud is nadat hulle mekaar via die Opsitkers ontmoet het. Foto: Verskaf
Mnr. en mev. Andries Marx, wat al 58 jaar getroud is nadat hulle mekaar via die Opsitkers ontmoet het. Foto: Verskaf

‘n Kleinkind skryf hoe haar grootouers deur Landbouweekblad se Opsitkers ontmoet het en al 58 jaar gelukkig getroud is!

My ouma, mev. Rachel Maria Van Rensburg van Zambia (Lusaka) het in 1948 in Landbouweekblad ingeskryf vir die Opsitkers. My oupa, Andries Alwyn Marx, ‘n boer van Middelburg in Suid-Afrika, het begin terugskryf. Vir drie jaar het hulle vir mekaar geskryf en daarna is hulle getroud op die 20ste Januarie 1951. Hulle het vyf kinders gehad en ons is 13 kleinkinders en tans 3 agterkleinkinders.
 
My oupa en ouma is afgetree en woon in Brits. Hulle is ‘n groot deel in ons almal se lewe en al die kinders, kleinkinders en agterkleinkinders kuier gereeld saam.
 
Ons oupa en ouma is so spesiaal vir ons. My oupa is wys en het altyd die beste advies en is die leier van ons familie. Hy het Gauteng se Shoprite-boereworskompetisie enkele jare gelede gewen.
 
My ouma is die mees liefdevolle mens, sy verstaan altyd, en het net mooi goed te sê oor ander mense en sy kan baie lekker bak.
 
My oupa en ouma is al vir 58 jaar getroud. Ná so lank saam wees is hulle nou nog ongelooflik lief vir mekaar.  My ouma se altyd vir my sy het lief geword vir my oupa nog voordat hulle mekaar ontmoet het, terwyl hulle vir mekaar geskryf het deur die Opsitkers.
 
So, baie dankie Landbouweekblad, dat julle hierdie twee baie besondere mense bymekaar gebring het!
 
Geskryf deur Lucindi Annandale lucindi@geotrans.co.za
 
10 September 2009
4.727275
 
 

Kommentaar

anoniem van Weskaap 

My ma en pa het ook deur opsitkers ontmoet en hulle is al 31jaar gelukkig getroud!!

Jenny Olivier 

Dis sielsverrykend om te lees van hoe gelukkig twee mense is, maar terselfde tyd hart verskeurend want ek wens so graag om ook op daardie vlak te wees. Ek is 'n 58 jarige vrou, baie jonk van gees en fiks daarby, stap gereeld hoë berge, lief vir die buitelewe, gebore in Noord Rhodesie en het in Kenia en Tanzanie grootgeword, dus is die oop vlaktes en plaaslewe my grootste droom. Ek is 'n baie liefdevolle en omgee mens, romanties van geaardheid, versot op diere en het hope liefde en toewyding om te bied vir die regte persoon, al is dit iemand doer ver in Kanada! Sal baie graag 'n maatjie wil hê om die lewe aangenamer te maak. Kontak my asseblief!

Lida BOTHA 

GELUKKIG MENSE! SOU OOK GRAAG 'N BOER WIL ONTMOET. iS DAAR NOG BOERE TUSSEN 40-50?

Lida 

Is daar nog boere tussen 40 en 50 wat 'n opregte en liefdevolle vrou met waardes kan waardeer? Of bepaal 'n vrou se uiterlike ook sy selfbeeld soos die grootte van sy plaas of trekker doen? As daar nederige en beskeie boere is sal ek graag wil kontak maak.

RINA MYBURGH [STEVENS] 

Hi, ek is 62jr,en is nou al 6 jaar alleen en nou moeg van alleen wees, woonagtig in die Vaal Drie hoek en is op soek na n rustige maat wat nie rook of drink nie en n vrou sal waardeer,ek is n mens wat baie liefde kan gee vir die regte persoon,gesond en self onderhoudend,so my ou maat laat hoor asb van jou.

Tilla Erasmus 

Ek is ook 'n weduwee van 59 in Namibia en wonder ook waar kan ek 'n maat ontmoet wat eerste vir God liefhet en dan vir my sal liefhe en my beste maat sal wees vir wie ek kan bederf met liefde en respekteer.

Allie 

Ai maar hulle is regtig geseënd. Ek is 'n 53 jarige weduwee en smag na 'n maat.(Geselskap, iemand om 'n grappie mee te deel of sommer net die teenwoordigheid van 'n siel.) Ek is woonagtig in Namibia en is gebore en getoë op 'n plaas. Sou wat wou gee om met eerlike, onafhanklike boere kontak te kan maak. Nou-ja almal droom seker maar nê!

Wessel Esterhuizen 

Nouu waar is al die wedevrouens dan kom email my by esterhwg@telkomsa.net.

Martie Botha 

Ek is 'n 57 jarige weduwee wat graag mansvriende wil ontmoet!! Maar sjoe, wat 'n probleem is dit nie! Soek iemand om saam langs die see te gaan loop of sommer net langgg ente te stap - langs die see of veld te sit en moet baie lief wees vir diere! Hoop daar is nog mense wat so voel!

Wessel Esterhuizen 

Nou maar Antjie ek sal jou graag wil kontak maar jy sal vir my kontak besonderhede moet gee

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.