|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Lentedag is ook D-dag vir tien Suid-Afrikaanse boere: Hul opwindende televisie-soektog na liefde skop môre-aand af wanneer die eerste episode van Boer soek ’n Vrou op kykNET uitgesaai word.
Hier is ’n kort voorsmakie van die tien boere wat vroue regoor die land se oog gevang het. Kyk hulle goed deur, want die volgende dertien weke gaan hierdie manne gereeld in jou voorkamer kuier.
Johan (53) van Roedtan
“Om te boer, is vir my soos vakansie,” sê dié bees-, wild- en sonneblomboer wat ook die pa van drie kinders is.
Wanneer Johan nie in ’n helikopter rondrits nie (hy het ’n vlieglisensie), bevind hy hom graag op ’n perd se rug. Hy hoop om ’n saggeaarde, vriendelike vrou te ontmoet. Sy moet liefdevol, lewenslustig en spontaan wees. En natuurlik moet sy in die liefde glo!
“Ek weet wat ek wil hê en wat ek kan gee. Ek dink ek kan baie liefde en sekuriteit vir ’n vrou gee, en ek sal net ’n dierbare maatjie wees,” sê hy.
Eon (24) van Dwaalboom
Eon is ’n lewenslustige jong saai-, bees- en wildboer. Hy is passievol oor die lewe, sy boerdery, die natuur en diere. Hy hou sommer baie van kampeer en om rondom ’n braaivleisvuur met sy vriende te kuier.
Hy sê sy beste eienskappe is dat hy hardwerkend, vriendelik en eerlik is. Mense kan altyd op hom staatmaak. Eon vertel Dwaalboom is maar ’n afgesonderde en stil plek. Hy het dus vir Boer soek ’n Vrou ingeskryf met die hoop om ’n vrou te ontmoet.
Net die tyd sal leer of Eon suksesvol gaan wees!
Gert (33) van Robertson
Die lewe het al ’n paar skuins klappe na Gert toe uitgedeel, maar hy glo die tyd is ryp vir hom om ’n slag liefde en geluk te vind. Hy boer op Robertson met vrugte en wyn en is pa vir twee kinders.
“As ek die regte vrou kry, sal ek haar bystaan waar ek kan, ek sal vir haar ’n lewensmaat wees en ek sal daar wees as sy my nodig het. Ek sal ’n vriend wees vir haar en ek sal haar altyd spesiaal laat voel.”
Gert se ideale vrou is lief vir die buitelewe en kinders.
JB (25) van Bothaville
JB se gemengde boerdery op Bothaville hou hom so besig dat daar maar min kans is vir vrousoek tussen al die plaaswerk deur.
Hy erken sommer prontuit hy het nie ’n romantiese vesel in sy lyf nie, maar is darem betroubaar en liefdevol. Vir sy vriende en familie is hy altyd ’n steunpilaar.
Hy hoop Boer soek ’n Vrou bring hom in aanraking met iemand wat netjies en trots op haarself is.
Vir hom is ’n sexy vrou iemand wat in haarself glo en nie terugstaan vir uitdagings nie.
Cliffed (27) van Vivo
’n Ernstige motorongeluk het Cliffed se studies in Pretoria onverwags beëindig en hy moes terugkeer plaas toe. Cliffed en sy pa boer nou al sewe jaar lank saam. Hul boerdery behels aartappels, pampoen en wild.
In sy vrye tyd hou hy van die buitelewe en die natuur. Hy kuier ook graag saam met sy vriende. Hy het nie juis ’n romantiese streep nie, maar sal nie nee sê vir ’n piekniek in die Bosveld nie.
Andries (35) van Vryburg
Andries droom van ’n vlug met ’n warmlugballon oor die woestyn. Saam met hom in die lugballon moet daar natuurlik iemand spesiaals wees en hy hoop om haar op Boer soek ’n Vrou te ontmoet.
Hy boer met aartappels, uie en beeste. Andries hou van die buitelewe en kampeer graag. Wanneer die wêreld op die plaas warm raak en hy ’n bietjie moet ontspan, spring hy op sy motorfiets.
Hy wil graag ’n vriendelike, saggeaarde vrou ontmoet wat by enige omstandighede kan aanpas.
Van Zyl (33) van Richmond
Van Zyl is in die wolskaap- en vleisbeesbedryf. Hy is gek na die Karoo se oop vlaktes. Hy wil iemand ontmoet saam met wie hy skemertyd op die plaasdam se wal kan sit en luister hoe die kolganse mekaar roep. Namate dit donkerder raak, sal hy ’n vuurtjie maak en ’n bottel wyn oopmaak.
Hy speel graag tennis en naweke kuier hy saam met sy vriende. Die vrou wat sy voete onder hom uitslaan, sal lekker saam met hom kan kuier en lag.
Bas (30) is van Hartebeespoortdam
Bas boer met blomme en dit is ook sy grootste passie. Die vrou van sy drome kan dus verwag om gereeld met ’n bos blomme bederf te word.
Maar dit is nie al nie, Bas sal haar ook op ’n lugballonvlug oor die Magaliesberge vat – natuurlik met ’n bottel vonkelwyn!
Die vrou wat so op die hande gedra gaan word, moet volgens Bas ’n goeie kombinasie van persoonlikheid en voorkoms wees. Hy vind vroue met ’n lus vir die lewe baie aantreklik.
Christo (26) van Leandra
Christo beskou sy bees- en mielieboerdery as sy stokperdjie en sê hy is op sy gelukkigste wanneer hy op die plaas is. Dit hou hom egter baie besig, so daar is nie baie kanse om die regte vrou te ontmoet nie.
Tussendeur speel hy ook gholf en ry motorfiets. Hy wil graag ’n vrou ontmoet wat die goeie en slegte tye saam met hom kan deursien. En natuurlik moet sy kan verstaan ’n boerdery verloop nie altyd volgens plan nie.
Pierre (25) van Worcester

Pierre, ’n melk- en wyndruifboer, was aanvanklik nie te ingenome met sy ma wat hom vir Boer soek ’n Vrou ingeskryf het nie, maar hy het vinnig besef hoe lekker dit kan wees.
Hy is ’n sportiewe jong man wat graag tennis speel, berg klim, bergfiets ry en kite surf.
Pierre sê die meisie wat sy hart wen, sal vanweë sy avontuurlustige uitkyk op die lewe, baie lekker goed saam met hom doen. Hy soek dus ’n vrou wat saam met hom sal lag en die lewe geniet.
1 September 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
@Sandra
Die boere vir die nuwe reeks word binnekort aangewys, dan kan jy beslis vir hulle skryf.
Groete,
Corli van der Merwe
Webredakteur
Sandra Vermaak
Is dit te laat om in te skryf ?
Is daar ouer boere of is Johan weer in die jaar?
Dink julle 45jaar is te oud om in te skryf?
bikergirl 358 ek like die manne hulle weet wat hulle wil he en ek weet presies hoekom hulle hier n vrou soek want hulle weet nie rerig watse tippe meisies of vrouens da buite is nie en dit is bad want ek weet ek is n vrou en ek soek na ordentlike liefde.nie net iemand wat my wil gebruik nie.
Carmia
Ons het nog nie bevestiging ontvang oor `n volgende reeks nie. Hou gerus Landbou.com, sodra ons iets hoor, sal ons 'n storie daaroor publiseer.
Groete,
Corli van der Merwe
Webredakteur
asb stuur inskrywingsvorm vir my!!
Ek sal baie graag op n plaas bly, in die natuur. Dit was my droom van dat ek n dogtertjie was om met n boer te trou en saam met hom uit gaan en die diere versorg en in die mooi natuurskoon te kan wees. Ek is 39 jaar oud met n pragtige dogtertjie, my man het my gelos toe ek 7 mnde swanger was met haar. Is daar iewerste iemand wat ons sal lief he, hy sal net soveel terug ontvang. Here ek los dit in U hande
Lynette,
Ons het nog nie bevestiging ontvang oor `n volgende reeks nie. Hou gerus Landbou.com, sodra ons iets hoor, sal ons 'n storie daaroor publiseer.
Groete,
Corli van der Merwe
Webredakteur
Ek wil graag inskryf om deel te neem aan boer soek n vrou. Kan u asb vir my n inskrywingsvorm epos? Verkieslik in die mpumlanga nelspruit malelane omgewing. Sien uit na u terugvoering Groete!
Lyk my Johan het nog nie die regte maaitjie gevind nie ......hy soek glo n dame in die Overberg. Wonder nou net hoe kan ek in kontak met hom kom. Wat ons soek in n metgesel kom baie ooreen en aangesien ek op n plaas groot geword het glo ek ek weet waaroor alles gaan.
Hallo almal! My 2 gunstelinge was Johan en Gert. Johan is spontaan eerlik en Gert is die een wie se siel sterk deurgekom het. Ek wou nog altyd inskryf, as geskeide vrou, 47 jaar oud. Ek begeer om op 'n plaas te woon en werk. Dis 'n sielsmagting al van kindsbeen af. Vandat ek op 22 jaar getroud is, het ek verskeie traumas deurgemaak en dit het my telkens verhoed om in te skryf. Alk wat ek nog eintlik altyd verlang het, is liefde wedersyds en 'n lieflike aangetroude familie waar jy kan lag en sommer net "simpel" wees, dus jou ware mens uitleef. Ek wil nog leer perd ry, 'n trekker bestuur en net een raak met die natuur, daar moet baie bome en water wees. Ek noem doe bogaande, want dalk het 'n boer vir my werk om te kan heel en wie weet dalk is ek later reg vir liefde! Intussen mag ek maar droom...
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)