Deur LUCILLE BOTHA
29 Maart 2012

16859 keer gelees | 23 kommentaar

Gert Conradie loop met ’n breë glimlag rond sedert hy en sy Maritza op Boer Soek 'n Vrou ontmoet het en op 16 Desember afgehaak het.


Dis nie aldag maklik vir ’n man wat op ’n verafgeleë plaas woon, om ’n vrou te vind nie – die plaas hou hom besig, die gemeenskap dans nie meer saam in die boeresaal nie en boonop is brandstof deesdae so duur dat ’n boer twee keer dink voordat hy stad toe ry.

Moderne boere, soos Tickey van Wyk (Loxton), Erik Roux (Robertson) en Gert Conradie (Robertson), het die kans aangegryp wat kykNET en Landbouweekblad hulle bied om ’n vrou te vind deur die werklikheidsreeks Boer soek ’n Vrou.

Nie een van dié boere kyk vandag terug nie. Al drie is gelukkig getroud met vroue wat vir hulle ’n briefie in die pos gegooi het nadat die boere hul harte op televisie vinniger laat klop het.

Gewilde aanbieder
Angelique Gerber sal vanjaar weer die aanbiederskoene volstaan. Dié aktrise studeer ook sielkunde. Sy is daarom altyd gereed met ’n woordjie van aanmoediging of troos. Sy is vol vuur vir die reeks wat voorlê en sien uit daarna om die boere te ontmoet wat vanjaar deelneem.

Gert, ’n wingerd-en-vrugteboer, loop steeds met ’n breë glimlag rond sedert hy en sy televisieliefde Maritza op 16 Desember afgehaak het. Maritza het verlede jaar in die vierde reeks Gert se voete onder hom uitgeslaan. “Ons is nog heel gelukkig! Daar is darem geen nukke nie,” vertel hy oor die telefoon. Voor Maritza het Gert nooit die regte vrou ontmoet nie.

Toe hy vir Boer soek ’n Vrou inskryf, was dit werklik sy hartsbegeerte om ’n lewensmaat te vind. “Jy soek na iemand, maar kry ook nie altyd baie tyd nie en die vrou kom net nie oor jou pad nie,” vertel hy oor sy besluit om aan die program deel te neem.

'n Heerlike ervaring

Die wonderlikste was natuurlik sy vroutjie, wat nou as aptekersassistent op Worcester werk, maar Gert sê daar was baie hoogtepunte toe hy aan die reeks deelgeneem het. “Dit was veral lekker om die ander boere te ontmoet. Jy kom agter daar is baie mense wat dieselfde soek as wat jy soek.”

Boere van oor die hele land en in allerlei landbouvertakkings neem aan die reeks deel. Soos ’n boer nou maar een maal is, hou hy daarvan om met ander boere oor sy boerdery te gesels. Die reeks is ’n gulde geleentheid om nuwe landbouvriende of selfs nuwe vriendinne te maak.

“ ’n Boer is mos maar trots op wat hy doen en dit is ’n lekker proses om te kan wys wat hy doen en wat op die plaas aangaan.” Selfs al ontmoet hulle nie ’n lewensmaat nie, sal Gert steeds boere aanmoedig om vir die reeks in te skryf.

Die regte redes

“Die boere moet dit egter om die regte redes doen, en nie net vir die kans om op televisie te verskyn of vir die ervaring nie. Moenie net vir die grap inskryf nie, maar skryf in omdat jy werklik iemand soek,” is sy raad. “Jy moet opreg wees, en van dag een af reguit wees oor wat jy wil hê.

"Moenie voorgee om iets te wees wat jy nie is nie. Jy moet ook eerlik wees met die ander mense.” Hy glo die reeks stel verbruikers en gewone Suid-Afrikaners op ’n opwindende manier aan die landbou bloot en gee hulle ’n kykie na waar hul kos vandaan kom.

“Baie van die vroue kom van die stad af en het nie ’n idee wat op ’n plaas gebeur nie. Hulle dink dit is net maanskyn en rose, maar dit is nie altyd so nie.” Gelukkig pas Maritza baie goed op die plaas aan. “Sy doen haar eie werk, maar haar belangstelling in die plaas is daar,” vertel Gert oor sy vrou.

'Wees net jouself'
Dit is ook nie net ekstroverte wat vir die reeks behoort in te skryf nie. “Ek is glad nie so nie. Ek is eintlik ’n introvert en hou baie goed maar taamlik terug. So, selfs ’n skaam ou kan inskryf. Wees net jouself,” meen hy. Hy en Maritza sien baie uit na die vyfde reeks en sal dit beslis volg.

“Ek wil graag sien wat vanjaar gaan gebeur. Verlede jaar het ons mos geweet wat gaan gebeur, maar nou sal ons saam met die ander mense moet wonder wat volgende gaan gebeur. Hierdie keer sal ons darem ’n idee hê van hoe die boere voel en wat hulle dink!”

As jy nie wil inskryf nie, maar nie kan wag om die naelbyt-aksie en liefdesintrige op die kassie te volg nie, kan jy maar die slapies begin tel tot 27 September wanneer die reeks begin.

* Die inskryfvorm vir boere wat aan Boer soek 'n Vrou wil deelneem is by dié artikel aangeheg.

29 Maart 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


WANDA Redelinghuys

2012/05/15 12:11:57 AM

Liefde is so wonderlik ek was 32 getroud en was die beste deel van my lewe my man verloor agv dood mens kwyn weg so Go for it Boere skryf in en meisies probeer hul liefde wen Daar is niks beter as Liefde nie !!!!!!!!!!!


Fransie

2012/05/13 11:14:08 AM

Ek is so kinderlik gelukkig as Boer soek 'n Vrou opkom!! En die aanbieders doen 'n uitstekende werk. Gert en Maritza jul is prentjie mooi en ek was so bly toe jul mekaar vind. Dis presies wat ek wou hê moes gebeur. Wens jul net die mooiste toe vir die toekoms. Jul kinders is pragtig en mens kan sommer sien jul almal het mekaar lief. Boer-soek-'n-vrou verslaafde (Alberton):-)


Sasha

2012/04/17 09:02:47 PM

Wil so graag hoor of sien hoe dit met die 'Locton familie' gaan. Was ongelukkig baie weg en het seker nuus van hulle gemis. Laas nog gehoor dat die boontjie toe gegroei het en hulle Mosselbaai toe sou gaan vir die bevalling. Kan ons bietjie nuus kry asb.


Sabien Streppel

2012/04/15 04:41:33 PM

Dit is vir my so wonderlik om te sien hoe baie goed julle program Boer soek 'n vrou wordt gepresenteer. Dit is naby die selfde as hier in Holland. Ek like dit so baie om die liefde by die Boere te sien bloei in Holland en in Suid Afrika! Baie succes met julle program en mag daar nog baie episodes kom!!


Alta Jonker

2012/04/13 12:49:04 PM

Pragtige program geniet dit baie! Gert en Maritza julle pas pragtig by mekaar.


Onbekende besoeker

2012/04/08 12:37:54 PM

Dit is 'n wonderlike program, ek kan nie wag vir die volgende reeks nie ! Dis sooooo mooi as die boere hul liefde vind ! Vriendelike groete René Dippenaar


Francis van Zyl

2012/04/05 10:54:51 AM

Gert en Maritza julle het my baie beindruk en trane laat stort tydens die reeks. Is soooooooo bly dat julle so mooi aangaan. Julle pas ook mooi bymekaar. Geniet net die mooi van die lewe. As julle ooit eendag in Upington kom kan julle my gerus skakel op my selfoon 0827715082. Ek sal baie graag bietjie met julle wil kommunikeer. Baie liefdetjies.


Francis van Zyl

2012/04/05 10:54:47 AM

Gert en Maritza julle het my baie beindruk en trane laat stort tydens die reeks. Is soooooooo bly dat julle so mooi aangaan. Julle pas ook mooi bymekaar. Geniet net die mooi van die lewe. As julle ooit eendag in Upington kom kan julle my gerus skakel op my selfoon 0827715082. Ek sal baie graag bietjie met julle wil kommunikeer. Baie liefdetjies.


Jean-marie monk

2012/04/02 09:42:09 PM

Ag ek het vir 6 jaar op my oupa se plaas gebly en dis lekker om die plaaslewe te bly en te lewe.wel ek het nog nie 'n man nie en wil graag 'n boer vir 'n man he.ek ken die plaaslewe en ek weet hoe 'n plaas werk.ek kan nie die trreker ry nie want ek het nie 'n rybewys nie.


Elsa Ferreira

2012/04/02 07:00:51 PM

Gaan dit weer hierdie jaar "Boer soek 'n maatjie" wees? Ek geniet dit elke jaar, en sien uit na nog 'n episode.


Onbekende besoeker

2012/04/02 06:32:32 PM

Hul lyk soo gelukkig laat ons jonges nog glo in die liefde!!


Delean van Schalkwyk

2012/04/02 06:21:27 PM

Ek sien min jong boere tussen 20 en 30 waar kruip die manne weg. Daar is tog jong dames wat in boere belangstel.


Mossie

2012/04/02 05:37:10 PM

So bly as iemand sy maatjie kan ontmoet, vandag is dit baie moeilik om die regte een te kry, en selfs vir my ouderdom groep van 32. Die mans in my klas is weer soos bome, vat vir altyd om groot te word. En dan mis jy jou hele lewe deur te wag. Nee wat ek sal my boer nog kry, hy sal my voette onder my uitslaan.


a.brits

2012/04/02 05:27:31 PM

Ekt my man ontmoet in 1983 in landbouweekblad,opsitkers.binne 2 maande getroud.binne 5jaar 3 kinders.was 24 jaar gelukkig getroud.....tot die dood ons skei 2006


Sue Ferreira

2012/04/02 04:22:57 PM

Is daar nog so iets soos 'n opsitkers en waar kry 'n mens dit. Sal iemand my asb laat weet. Groetnis


corlivdm

2012/03/30 01:30:21 PM

@Elaine Sal jy my asb. kontak by cornelia.vdmerwe@landbou.com. Ons sal graag `n storie oor julle ontmoeting deur die Opsitkers wil doen! Groete, Corli van der Merwe


Elaine van Tonder

2012/03/30 01:07:32 PM

Wel more die 31/3 - 33 jaar gelede is ek en my man getroud. Ek het hom ook ontmoet in 1978 deur Landbouweekblad se opsitkers. Hy het sy naam in die tydskrif gesit en ons het begin korrespondeer en 11 maande later in 31/3/1979 is ons getroud. As ek ook nie die kans gewaag het om te korrespondeer nie het ek dalk nooit vir Frans ontmoet. Die reeks Boer Soek 'n Vrou geniet ons terdeé


BB

2012/03/30 08:05:54 AM

Dit sal nogal aangenaam wees om 'n boer te ontmoet wat tussen 47 en 55 is, en soos die meeste mans altyd 'n vrou soek wat teminste na haar self kyk en goed versorg, wil ek ook net een he wat na homself kyk met 'n goeie hart.


LC

2012/03/30 07:48:23 AM

Ek is ook 46 jaar oud, sou baie graag ook met 'n boer wou trou, ek vrek oor die plaaslewe, maar dis nou te laat ek trou oor 2 weke. Sal nogtans die nuwe program geniet.


nj

2012/03/29 08:34:53 PM

dis jammer dat die fokus val altyd op jong boere met nuwe trekkers.soek n slag die met die gemiddelde klas.


Kokkewiet

2012/03/29 02:48:35 PM

Ek soek ook 'n boer want lyk my die stadsjapies is oorwegend kansvatters wat dink 43 jarige vrouens wat onafhanklik is is desperaat! Maar hy moet naby die dorp (pta) bly want ek wil werk :-)


JJ

2012/06/18 06:32:57 PM

n Mens vra soms hoekom verplaas hulle my,maar later vind jy uit dit was die pad wat vir jou beplan was deur die vader en jy vind jou liefde in jou lewe op die nuwe dorp.Jy sou miskien net daar verby ry,maar nie stop nie en nou moes jy stop om daardie persoon te vind.Vasbyt manne elke pot het n deksel hy moet net gevind word.Mooi program.Kan nie wag vir volgende een nie.


saartjie

2013/03/23 04:56:34 PM

wel ons kan net lag oor die saak maar wens almal kan werklik sien wat gebeur agter die skerms "" vra vir die wat werklik weet!!!!o ja dink enige een dis regverdig as jou kinders weggeskuif word vir jou "kamstige nuwe valse lewe????

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights