|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Bas (30) is ’n blomboer van Hartebeespoortdam. Die vrou wat sy hart wen, kan dus verwag om baie blomme te kry!
Waarom het jy vir Boer soek ’n Vrou ingeskryf?
My vriende het my ingeskryf. Ag, ek het gedog dit kan net ‘‘fun’’ wees en miskien kry ek ook ’n vrou hieruit. En ’n mens ontmoet nuwe mense. Ek geniet dit al klaar baie.
Wat maak van jou goeie kêrel-materiaal?
Ek sal haar goed behandel. Ek is ’n vriendelike ou met wie dit lekker is om te kuier. Natuurlik gaan ek haar bederf en dis vanselfsprekend dat ek baie liefde gaan gee. Ag, dit is nooit vir my lekker om sulke goed oor myself te sê nie.
Wat verwag jy moet ’n vrou op die plaas doen?
Daar is geen rol nie. Ek hou nogal daarvan as ’n vrou selfstandig is. Dit sal lekker wees as ek saans by die huis kom om nie net oor die plaas en die boerdery te gesels nie, maar ook oor wat sy gedoen het.
Hoe lyk jou ideale vrou?
Sy het ’n kombinasie van persoonlikheid en aantreklikheid. Ag, ek is nie spesifiek oor hoe sy moet lyk nie. Sy kan blond wees. Sy kan ’n brunette wees. Dit maak nie saak nie, solank ek aangetrokke tot haar is. Sy moet ’n ‘‘bubbly’’ persoonlikheid hê en daarvan hou om te gesels.
Wat is die mees romantiese ding wat jy al gedoen het?
Uiteet, blomme gestuur, sulke goed. Ek is in ’n mate ’n romantiese ou, maar ek is nie elke dag in daardie bui nie. Van tyd tot tyd moet ’n mens seker romanties wees.
19 Mei 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Wat is bas se van hy is so oulik
Hi enige iemand.
Ek wil graag vir 'n dame uitvind wat het BAS een aand op "Boer soek 'n vrou" vir van die dames gegee. Dit was 'n totsien geskenkie wat van hout gemaak was met die woorde "MEMORIES" op. Dit het ook "charms" aan gehad.
My vraag is waar kan mens daardie geskenkies in die hande kry. BAS as jy dalk hierdie lees - Waar het jy dit gekoop. Baie dankie
Liewe Bas
Ek moes net keer of my sussie het my ingeskryf. Ek het na jou video gekyk en alles gelees wat jy geskryf het. Om jou as mens te kan ontmoet sou vir my 'n absolute voorreg wees, maar met my gejaagde lewe sal ek ongelukkig nie kan inskryf nie, aangesien mens tyd moet af he om op die TV te wees ens.
Sterkte met die hele gedoente, en die belangrikste is "HAVE FUN" (die lewe is ernstig genoeg lol)
Ek se altyd: Gaan groot of gaan huistoe haha
Lewe elke oomblik voluit!
Groete
xxx
Jinne ek kan nie meer wag dat die moet sluit en ons die uitslag kry nie. Ek het ook ingeskryf en is so opgewonde, dit neem my hele denke oor. Ek hoop regtig ek is gelukkig en dat my ou boertjie vir my kies om sy maatjie te wees. drukkies drukkies vir Johan sommer baie.
Hi Carika. Hou Landbou.com dop, ons gaan oor al die manne skryf.
Groete,
Corli van der Merwe
Webredakteur
skryf bietjie oor die ander boere ook... ek wil graag oor christo lees... en ander girls wil van cliffed en gert lees...
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)