|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
JB (25) bedryf 'n gemengde boerdery naby Bothaville. In sy eie woorde is hy 'n “wat jy sien, is wat jy kry”-man. Hy vertel ons waarom dit so moeilik is om 'n vrou op die platteland te kry.
Waarom het jy vir Boer soek 'n Vrou ingeskryf?
My vriende het my ingeskryf, maar ek het dit self oorweeg en toe weer nie. Die grootste rede waarom ek wel ingeskryf het, is omdat dit seker die beste manier is om nuwe mense te ontmoet.
En 'n mens raak ook nie jonger nie, jy moet seker maar begin rondkyk vir 'n vrou! En dit is ook nou nie asof 'n vrou hier in die pad afgestap gaan kom nie!
Wat sien jy as sexy of aantreklik in 'n vrou?
Dit is iemand wat netjies en trots op haarself is. Sy moet goed voel oor haarself en nie bang wees om iets aan te pak nie. Sy moet in haarself glo. Dit is ook seker my ideale vrou.
Wat maak van jou goeie kêrel-materiaal?
Ek is maar “wat jy sien, is wat jy kry”. Ek is iemand wat ondersteunend is, en nie iemand in die donker sal los net om te los nie. Dit is nogal moeilik om so komplimenterend oor myself te praat!
Gaan jy elke liewe brief lees wat jy ontvang, en wat dink jy sal jou oog vang in 'n brief?
Ek gaan vir seker elke brief lees wat ek kry, want die meisies het darem moeite gedoen om vir my te skryf. 'n Mens sal seker kyk hoe die meisie lyk, maar ek dink as jy die brief lees, sal jy haar dieper kant sien en dit is uiteindelik waarvoor ek sal soek. 'n Meisie moet meer as 'n mooi gesiggie wees en julle moet darem meer as twee woorde met mekaar kan gesels.
Waarom is dit moeilik om 'n vrou op die platteland te kry?
Ons is baie keer op die plaas so besig met die alledaagse dingetjies dat ons nie tyd maak vir sulke dinge nie. Ek dink nie ons boere is vol nonsens nie, maar ons weet dikwels wat ons wil hê in 'n vrou.
Baie van die meisies (uit die omgewing) swot en is nie op die plase sodat julle elke dag kan saamkuier nie. Ons is ook nie so in die openbaar dat ons meisies kan ontmoet nie, en wanneer jy iemand in 'n kuierplek ontmoet, is dit ook nog baie ver van 'n verhouding af! Boonop is die meeste meisies hier jou vriende se sussies, en jy wil nie daar moeilikheid maak nie!
17 Mei 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)