Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Potpourri / Boer-soek-n-vrou / Tien-boere-op-soek-na-liefde

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:27 May 00:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Tien boere op soek na liefde

 
Deur LUCILLE BOTHA

Inskrywings vir die derde reeks van Landbouweekblad en kykNET se werklikheidsreeks Boer soek ‘n Vrou het van regoor die land ingestroom van hubare boere wat ware liefde wil vind.

Landbou.com stel graag die top 10-boere wat aangewys is om aan die reeks deel te neem, bekend.

Die 10 alleenloper-boere wat gekies is om aan Boer soek ‘n Vrou 3 deel te neem, is vol romantiese idees om hul droomvroue se harte te steel. Vanjaar se finaliste staan nie net ‘n kans om hul groot liefde te vind nie, maar gaan ook ‘n smakie van nasionale roem geniet.

Ongetroude vroue wat graag die plaaslewe wil aanpak kry nou kans om briewe aan hul gunsteling boere te skryf. Die plattelandse Romeo’s sal dan deur hul hope briewe gaan om hul gunsteling 10 dames te kies om beter te leer ken.

Wie is die alleenlopers?

Bennie van Delareyville
Bennie (29) is ‘n saai- en veeboer met ‘n lewendige passie vir die boerdery, die natuur en sy medemens. Hy is avontuurlustig en speel graag rugby, jag, vang vis en neem aan motorfietsveldrenne deel. Sy ideale vrou is ‘n Christen met goeie waardes. Sy is goed versorg, en deel sy liefde vir die natuur. Hy hou van ‘n spontane vrou wat maklik by enige omstandighede kan aanpas.

Kyk na 'n videogreep van Bennie.

Keith van Wartburg
Dié suiker-, bees- en avokadoboer wat ook ‘n lodge besit, is sommer lus vir die lewe en vol energie. Keith (34) is baie lief vir die buitelewe en hou van fietsry, perdry, kampeer, bergklim, roei en visvang. Keith speel ook al 22 jaar lank klavier, het dromme bemeester en leer tans kitaar speel. Hy hoop om ‘n aantreklike vrou te vind met ‘n goeie hart en ‘n goeie sin vir humor. Sy idee van ‘n romantiese afspraak is om alleen op ‘n berg saam met sy lewensmaat ‘n bottel wyn te deel terwyl hulle kyk hoe die son op ‘n horison sak.

Kyk na 'n videogreep van Keith.

Renier van Simondium
Renier soek ‘n vrou sonder bagasie. Vir dié wyndruif- en olyfboer, wat ook ‘n Angus-stoetery besit, is sy ideale vrou sy beste maat, gelowig, lief vir lag en sy aanvaar hom soos hy is. Hy glo dit is ‘n man se werk om sy vrou gelukkig te maak, en daarom sal hy ook ‘n verhouding daarna streef om sy maat se liefdestaal te verstaan. Sy nommer een-belangstelling is die teel en skou van swart Angusse en  hy hou daarvan om oor militêre geskiedenis te lees en krap graag in tweedehandse boekwinkels rond.

Kyk na 'n videogreep van Renier.

Erik van Robertson
Erik (31) bedryf ‘n gemengde boerdery met onder meer wingerd en olywe op die Bolandse dorpie Robertson. Hy is ‘n godsdienstige man wat daarin glo om sy verhouding ook op godsdienstige waardes te bou.
Sy vrou moet liefdevol, gasvry en saggeaard wees, en sy moet hom aanvaar soos hy is.

Kyk na 'n videogreep van Erik.

Pieter van Frankfort
Pieter (25) bestuur die familieboerdery wat vertakkings het in saaiboerdery, sojabone, leeuteel, mielies en ‘n beesvoerkraal. Hy is ‘n helikoptervlieënier wat ook van watersport hou. Sy bande met sy familie en sy diep geestelike verhouding met die Here lê hom na aan die hart.
Sy ideale romantiese afspraak sluit juis ‘n helikoptervlug in. Pieter se ideale vrou is intelligent, beginselvas en saggeaard.

Kyk na 'n videogreep van Pieter.

Jacobus van Waterberg
Jacobus (30) is, in sy eie woorde, ‘n jong boer met reuse-planne vir die toekoms. Hy is ‘n pligsgetroue en hardwerkende boer wat spog met ‘n Beefmaster-stoetery, ‘n saadmielie- en waatlemoenboerdery en hy spekuleer ook met vee. Jacobus het ‘n goeie sin vir humor, hy is positief en het deursettingsvermoë. Hy sê self hy het geen slegte eienskappe nie. Vir ‘n romantiese afspraak sal hy die vrou van sy drome bederf met ‘n perdekarrit op ‘n volmaan-aand.

Kyk na 'n videogreep van Jacobus.

Kleintjie van Hanover
Kleintjie (29) is ‘n skaapboer van Hanover in die Karoo.  Hy sien homself nie noodwendig as ‘n romantiese persoon nie, maar hy hou van die idee van ‘n piekniek met skemerkelkies langs ‘n plaasdam gehul in Karoo-skemerte.
Hy is gek na die boerdery, en sê dit voel nie na werk nie. Hy soek ‘n vrou wat spontaan en gemaklik met haarself is. Sy moet goeie waardes hê, onafhanklik wees en ‘n natuurlike voorkoms hê.

Kyk na 'n videogreep van Kleintjie.

Hannes van Brandfort
“Ek is ‘n boer. Dit is so eenvoudig soos dit. Ek praat soos een, ek loop soos een, ek trek aan soos een, ry ‘n ou Hilux-bakkie en gaan fliek toe met veldskoene,” skryf Hannes (24) in sy mooi brief aan die beoordelaars. Hy bedryf ‘n gemengde boerdery naby Brandfort. Een van die liefdeslesse wat hy al geleer het, is dat ‘n man nie ‘n vrou moet probeer verstaan nie, maar eerder net lief moet wees vir haar. Hy glo ook kommunikasie is al wat twee mense naby aan mekaar bring.

Kyk na 'n videogreep van Hannes.

Vlok van Wellington
Op die vraag of hy ‘n romantiese man is, sê Vlok (32): “Hel, ja! Ek vrek oor ‘n piekniekmandjie. Nie sommer ‘n gewone piekniekmandjie nie, maar ‘n spesiaal gepakte een met lekkernye wat met die hand uitgekies is.”
Hy is ‘n gebore Noord-Kapenaar wat nou met wyndruiwe in Wellington boer. Vlok is lojaal, liefdevol en altyd vriendelik. Hy soek ‘n eerlike, opregte vrou wat ‘n vriendin vir hom kan wees om die vreugde van die lewe te deel.

Kyk na 'n videogreep van Vlok.

Frederick van Bultfontein
Frederick (23) is ‘n saaiboer wat weens sy pa se gesondheidsprobleme ná skool moes gaan boer. Hy sê sy perfekte pasmaat is “hopelik mooi”, kreatief, slim, liefdevol en sy het die wil om elke dat die beste van die dag te maak. Oor ‘n romantiese aandjie sê hy: “Dit is nie die omgewing wat dit romanties maak nie, maar die oomblik.”

Kyk na 'n videogreep van Frederick.

Vroue wat graag aan een van die boere wil skryf, kan ‘n inskrywingsvorm hieronder aflaai. Die sluitingsdatum is oor twee weke.

Kyk na 'n fotogalery van die losloper-boere.

4 Junie 2010

Addisionele dokument

application/pdf icon
Boer_soek_n_Vrou_III_-_Inskrywingsvorm_vir_dames.pdf
5
 
 
  • 6038 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
23 Jun 2010 15:02

Dit is nie boer soek 'n vrou se skuld as mense nie weet wat hulle wil hê nie? As hulle geweet het wat hulle wil hê sou hulle van die start af 100% daarvoor en daarvoor alleen gegaan het want ek dink daar was great girls om van te kies...? Maar die besluite kon nie gemaak word nie en ek dink insette van vriende en familie dalk in daai tyd moet mens vreeslik verward en deurmekaar maak? Los die boere dat hulle hulle eie besluite neem en ondersteun hulle in alle opsigte.

  • antwoord
Saba  
14 Jun 2010 15:20

Ek hoop regtig dat die keer die boere en meisies, vir die regte redes sal deelneem. Reeks 1 was great, maar ai tog, reeks 2 was aaklig. Kom ons hou duimvas dat ons weer kykstof wat die moeite werd is sal te siene kry.

  • antwoord
Onbekende besoeker 
14 Jun 2010 08:55

Hoop net nie weer die reels word verbreek nie. Hou by die resep van Boer Soek 'n Vrou 1. Reeks 2 'n volslae mislukking!

  • antwoord
Onbekende besoeker 
07 Jun 2010 08:34

Reeks 2 het reeds bewys dat die program 'n algehele flop is. Deelnemers benader dit met voorbedagte agendas en indien dit hulle nie pas nie ontrek hulle wat die program van diepte ontroof. Jammer dit werk nie, nie vir die kykers nie en ook nie vir die deelnemers nie.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Strewe na eenheid in jagbedryf
  • Kompos is deel van SA se toekoms
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction