Vroue laat waai met briewe

 
Liefdesbriewe.Foto: www.jezebel.com
Liefdesbriewe.Foto: www.jezebel.com

Die inskrywingstydperk vir vroue wie se knieë lam gemaak is deur die 10 oulike finaliste van Boer soek ‘n Vrou 3, het afgeskop en die program is oorval met inskrywings en navrae.

Die finaliste is die afgelope tyd in Landbouweekblad, Huisgenoot en op kykNET aan Suid-Afrika bekend gemaak en die vroue val behoorlik oor hul voete  om vir hul gunsteling-boere te skryf. Die 10 boere kan hulle dus maar regmaak vir báie leeswerk.

Die briewe sal aan die boere oorhandig word, waarna die moeilike siftingsproses begin. Die boere moet elkeen 10 briefskrywers kies wat hulle graag wil ontmoet. Ná blitsafsprake en romantiese uitstappies sal die vroue stelselmatig uitgeskakel word, totdat die boere hul finale keuses moet maak.

Volgens me. Elmarie Botha, vervaardiger van die program, het hulle al die eerste briewe per e-pos ontvang slegs ‘n dag of wat na die inskrywings ge-open het.  Slakkepos vat natuurlik bietjie langer, maar hulle verwag om heelwat briewe op die manier te kry.

Vroue ouer as 21 jaar kan nog tot 22 Junie inskryf. Die inskrywingsvorm is hier beskikbaar.

11 Junie 2010

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.