|
|
|
| Bygewerk: | 27 May 00:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Ná die sukses van die vorige reekse van Boer soek 'n Vrou is daar nou 'n nuwe reeks. Alle ongetroude vroue word genooi om deel te neem aan Boer Soek 'n Vrou 4. kykNET het tien ongetroude, energieke en ondernemende boere gekies uit honderde inskrywings om aan die televisiereeks deel te neem.
Wil jy graag op 'n plaas woon? Is jy ongetroud en op soek na jou ideale metgesel? Is jy ouer as 21? Skryf dan gerus in om deel te neem. Die reeks bestaan uit 13 episodes van een uur. Dit word voorafgegaan deur insetsels wat op kykNET uitgesaai word.
Daarin word die boere bekend gestel sodat hulle potensiële metgeselle kan werf. Die televisiereeks sal uiteindelik die wel en weë van die tien enkellopende boere volg in hul soeke na liefde. Inskrywings sluit op 25 Mei. Laai daarom die inskryfvorm hier af en neem jou eerste tree op pad na liefde!
19 Mei 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
weet julle wat hoekom moet mans dit aan ons vrouens doen ons seer maak en net met hulle lewens aan gaan nou moet ons net beter wees en die beste mans kry wat ons kan hulle wys ons kan ook aan gaan ek is n meisie wat al baie seer gekry het.
Wanneer is daar n volgende boer soek n vrou. is daar dalk n gesels hoekie groete
Ek is n regte om die aarde vrou wat genoeg seer gekry het ek is opsoek na die regte man wat ek voor al my aandag en liefde kan gee ek is n buite lewe mens en lief enige iets opwondend, ek is vriendlik en kom oor die weg met almal wat ek ontmoet. Al wat ek nog kort in my lewe is n opregte man met baie liefde om te gee
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)